Die wolkversamelaars
November 13, 2019
Die dekonstruksie van Retta Blom
November 13, 2019

deur Helena Hugo

Lux Verbi

Soos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel? Daar is net een uitweg …

Janine was klein toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet. Sy wou groot wees en wegkom van die klein dorpie waar almal mekaar ken. Haar kans kom toe Greg Walker die Engelsklas oorneem. Met drome in haar oë is sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste ontdekking van haar lewe maak.

Oor die skrywer

Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf topverkopers en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en -vervolgverhale. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.

Comments are closed.

error: Content is protected !!