Die dekonstruksie van Retta Blom
November 13, 2019
“Jive bunny Boerekeurspel” – Die Ventertjies
November 13, 2019

deur Anzil Kulsen en Nadine Blom

Lux Verbi

Ses vroue – vyf volwassenes en ’n tiener – van verskillende agtergronde beland saam op ’n plaas in die Sederberge. Sommige het die hoop om vry te kom van hulle geheime verlede en ander het die hoop om antwoorde te vind.

Frankie, iemand wat mensehandel oorleef het maar wat sukkel om weer te vertrou en veg teen konstante vrees. Anlea met die veelbesproke verlede, wat wil ontsnap van die mag wat geld (en haar pimp) oor haar het. Bianca en Ragel, die ma en dogter wat wegdryf van mekaar weens ’n groot geheim. Abby, die modekoningin wat troos soek aan die bodem van ’n bottel. En Kirabo, die Ugandese lewensafrigter wat huiwer om haar eie storie te vertel.

Hoewel elkeen sy eie hartseer het om te verwerk, moet hulle almal saamwerk om ’n groter krisis op te los – die raaiselagtige verdwyning van een van hul eie, moontlik aan die hand van ’n mensehandelnetwerk.

’n Aksiebelaaide roman met ’n Christelike agtergrond oor ’n tema wat al hoe meer relevant word vandag: mensehandel.

Oor die outeurs:

Anzil Kulsen is op Upington gebore en word in Keimoes groot. Sy verwerf ’n BHons-graad en sluit by die ATKV aan as projekbestuurder. Sy besoek afgeleë gemeenskappe om met mense oor boeke te gesels, bied kreatiewe skryfkursusse aan en doen spel- en narratiewe terapie. Sy is getroud met Heine, hulle het twee kinders en woon op Upington.

Nadine Blom is ’n sanger, toegelate prokureur, Afrikaanse ambassadeur van die Dagbreek Trust en ma van hoërskoolseun Adriaan, saam met wie sy Blits geskryf het. Haar lewensfilosofie is: “Moenie uitstel nie, doen dit nou!” Sy woon in Melkbosstrand.

Comments are closed.

error: Content is protected !!