Suikerbosrand Geloftefees sit ook aan die FAK-Kultuurnetwerktafel
April 21, 2020
Ink jou storie
Mei 30, 2020

SingFonix, ‘n koorensemble wat in 2017 in die Pretoriase Moot gestig is, kon weens die nasionale inperking nie meer saam oefen nie. Die manne in die koor het toe besluit om hulle oefengrepe met hulle selfone op te neem en dit toe saam gevoeg in ‘n video sodat hulle weer “saam” kan sing.

SingFonix ensemble. Die naam van die groep is afgelei van die bekende musikale term “simfonie”, wat verwys na ’n samestelling vir musiekinstrumente. SingFonix verwys na musiek waarvan die klank (“Fonix”) gesing word (“sing”). Kleiner gemengde kore (d.w.s. kamerkore) word relatief algemeen gevind binne die wêreld van vermaak, maar ’n klein stemensemble wat bestaan uit net manlike stemme is ’n baie minder algemene genre, en wat ’n spesiale rol binne die sangvermaaklikheidsarena vervul. SingFonix is so ’n stemensemble, en is gestig aan die begin van 2017. SingFonix is bevoorreg om onder die ervare hand van dr. Riekie van Aswegen, ’n gesoute en ervare koorleier te wees wat ’n aantal welbekende kore begelei het.

SingFonix is ’n trotse lid van die FAK Moot-Kultuurnetwerk. In hierdie video sing SingFonix vir die eerste keer virtueel. Prof. Anton van Vollenhoven, lid van SingFonix, verduidelik: “Met die lockdown kon ons nie meer saam oefen nie. Ons oefen nou met oefengrepe. Hierdie een het elkeen op sy eie per selfoon opgeneem. Toe het ons dit saamgesit. Nie perfek nie, maar ’n work in progress. En om bemoediging te gee vir die moeilike tye.”

Comments are closed.

error: Content is protected !!