Mannekoor sing vir eerste keer virtueel
April 29, 2020
Rocco de Villiers speel Jim Muller, Hansie Roodt en Nico Carstens
Junie 25, 2020

Liewe skrywer

Baie dankie dat jy gekies het om dié aanlyn skryfskool, Ink jou storie, met twee ervare skrywers aan die stuur in samewerking met die FAK by te woon – jy gaan baie leer, baie lag en ook leer hoe om jou woorde te ink en dit nié net op papier te plak nie.  

Dié kursus is ontwerp vir aanlyn studies en -klasse.  

Jy kan ’n groepklas, van 90 minute per week, bywoon wat op die platform Zoom (vind instruksies hoe om Zoom op jou rekenaar af te laai later in die brief) aangebied word. Dié kursus strek oor ’n maand en begin op Maandag 8 Junie 2020 en eindig op Maandag 6 Julie 2020. Na afloop van die kursus kry jy ’n bywoningsertifikaat wat deur die FAK uitgereik en onderskryf word.  

Die kursus, wat in vier modules opgedeel is, dek niefiksie (joernalistieke-tipe skryfwerk) en fiksie. Ons gaan jou ook help om korrekte Afrikaans te skryf. Daardie nuwerwetse taalreëls laat ons almal se koppe soms draai. Ons wil dit duidelik maak dat jy nie by elke module ’n opdrag hoef in te dien nie, maar dit kan jou net help om jou skryfvaardighede in alle genres te slyp. Jy kan na die maand met ’n individuele  kursus aangaan, want elke maand word jou praktiese skryfvaardighede net verder geslyp. Practice makes perfect!

Jy gaan ook gedurende die maand kans kry om een artikel tot perfeksie te slyp en die beste artikel gaan in die FAK se aanlyn tydskrif, Flink, gepubliseer word.

’n Verrassingskrywer gaan ook een keer gedurende die skryfskool sy/haar verskyning maak. … Ons gaan nog nie verklap wie nie.

Modules:

  1. Inspirasie en ware lewensdramas (niefiksie);
  2. Kortverhale, novelles en vonkfiksie (fiksie);
  3. Skryf van profiele, karaktersketse en reisverhale (niefiksie);
  4. Jeugromans en kinderboeke (fiksie).

Indien jy nie in al die genres belangstel nie, kan jy ’n spesialiskursus bywoon waarin jy op een genre konsentreer. Die klasse word ook aanlyn aangebied en gee indiepte agtergrond oor die spesifieke genre.

Spesialiskursusse word ook een keer per week vir ’n uur lank aangebied. Dié klasse is baie gespesialiseerd. ’n Sertifikaat word ook na suksesvolle voltooiing van hierdie kursus uitgereik.

  1. Profiel- en nuusartikels
  2. Resensies
  3. Boeke
  4. Films
  5. Musiek
  6. Basiese redigering en proeflees
  7. Kinderboeke
  8. Skryf van fantasie. Skep jou eie JRR Tolkien-wêreld
  9. Skryf van radiodramas

HOEKOM WIL JY DIE AANLYN SKRYFSKOOL BYWOON?

  • Dit is bekostigbaar en baie goedkoper as ons vorige slypskole wat persoonlike interaksie en etes ingesluit het.

WAT SLUIT DIE KURSUS IN?

  • Kursusmateriaal en werksopdragte
  • ’n Blitstaalgids 
  • Individuele aandag en die persklaarmaak van jou artikel
  • Jy werk teen jou eie spoed, maar spertye vir werksopdragte moet nagekom word. 
  • Praktiese skrywerswenke en baie oefeninge 
  • ’n Bywoningsertifikaat van die FAK (Dit word per e-pos gestuur en jy kan dit self professioneel by enige PostNet of skryfbehoeftewinkel laat druk.)
  • Die geleentheid om jou joernalistieke artikel in die Flink-tydskrif te publiseer.
  • WhatsApp-groepie waarop jy met jou nuwe skrywersvriende kan gesels, raad gee/uitdeel en sommer net jou skryfprobleme mee kan bespreek.

WIE IS DIE AANBIEDERS? 

Yolanda Barnard-Lemmer is die skrywer van die skokboek Die ponies galop seks en skandale van die sterre onthul. Sy het gedurende haar joernalistieke loopbaan – wat strek oor vyftien jaar – stories, reisverhale, kunsartikels, profiele, skokstories en nuusstories vir verskeie koerante en tydskrifte geskryf.  Sy is ook al verskeie kere bekroon vir haar joernalistieke werk. Sy het vir sewe jaar aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie studente in die kuns van die joernalistiek onderrig.  Sy het ook ’n kontrak by NB-Uitgewers gekry vir die skryf van ’n boek en die boek behoort teen die einde van die jaar op die rakke te wees.

Yolanda Barnard-Lemmer

Carla van der Spuy is ’n bekroonde joernalis met 45 jaar ervaring in verskeie joernalistieke genres. Haar profiele, humorstories en lewensverhale het al in verskeie tydskrifte waaronder Vrouekeur verskyn. Sy het ook al sewe niefiksie boeke geskryf en ALMAL was topverkopers. Carla is geskool in die kuns van onderhoudvoer en weet hoe om stories uit karakters (haar mense) te ryg.

Carla van der Spuy

KOSTE VAN SKRYFSKOOL:

R 550 PER MAAND

KOSTE VAN SPESIALISSKRYFSKOLE:

R 400 PER MAAND

Bankbesonderhede:  

Heidi Barnard

First National Bank

Rek nommer:  6202 1737 400

Takkode:  250 655

Verwysing:  Naam & Van

Sodra jou betaling gedoen is, stuur ons die kursusmateriaal, die program en ’n registrasievorm aan.  Ons sal ook die tye met jou bevestig indien jy sou belangstel in individuele klasse.

Stuur die bewys van betaling aan barnardH@proteacoin.co.za

Vir verdere navrae, skakel vir Yolanda Barnard-Lemmer by 061 789 9180 of stuur ’n e-pos aan barnardH@proteacoin.co.za – sy sal jou help met die administrasie en so meer.

Volg ons op Facebook:  https://www.facebook.com/skrywersblok/?modal=admin_todo_tour

“Skryf is my kos. Ek kan nie ’n lewe sonder woorde indink nie.” ­- Elizabeth Gilbert, skrywer van Eat, pray, love.   

Comments are closed.

error: Content is protected !!