Afrikaanse Liedjietuin

Kom kuier in die Afrikaanse Liedjietuin!

Aan die voet van ons Voortrekkererfenis en trotse Monument, lê die Afrikaanse Liedjietuin tussen lowergroen bome en pragtige natuurskoon. Stap hand aan hand deur die asemrowende rose en word sag getroebadoer deur die kabbel-kabbel van ’n verdwaalde stroompie. Neurie of sing saam die woorde van merkwaardige Afrikaanse treffers vasgevang in granietblaaie regdeur die Afrikaanse Liedjietuin, en word nostalgies weggevoer na jou eie kinderdae van jonk en vry wees.

Ontsnap na die Afrikaanse Liedjietuin vir ’n rustige en ontspannende piekniek saam met mense na aan jou of bespreek die lapa vir ’n lekker braai saam met goeie vriende. Vir enige kinderpartytjies, tuinfunksies, tuintroues, klein opelugvertonings, damestees, kombuistees of eindjaarfunksies is die Afrikaanse Liedjietuin jou keuse van bespreking. Bespreek nou teen ’n baie billike prys. Vriende van die FAK bespreek teen ’n verlaagde tarief!

Die Afrikaanse Liedjietuin is die tuin waar jy jou eie spyseniering, dekor, program, speletjies, vermaak en idees kan uitoefen!

Wat sluit jou bespreking in:

  • Die gebruik van ons eie eg Afrikaanse kulturele landmerk.
  • Plek vir 120 gaste vir konsertgebruik, met ’n verhoog wat nederig opkyk in die skadu van die Voortrekkermonument.
  • Plek vir 50 gaste in die lapa.
  • Plek vir 15 maats om partytjie te hou in die Afrikaanse kinderliedjietuin.
  • Braai en piekniek geriewe

Tye:

Maandag – Donderdag: 15:00 – 23:00
Vrydag: 12:00 – 23:45
Saterdag: oggendsessie 08:00 – 14:00 / middagsessie 15:00 – 23:00
Sondag: oggendsessie 8:00 – 14:00 / middagsessie 15:00 – 22:00

Kostes:

FAK-vriende: Gratis gebruik (bepalings en voorwaardes geld)
Kinderliedjietuin en lapa met kragpunt: Oggend of middag sessie: R 600.00 / Voldag: R1 000.00
Motorwag: R350.00
Erfenisheffing betaalbaar:
Elke voertuig betaal R15.00 ingangsfooie by die hoofhek.
Deposito: R 500.00 (terugbetaalbaar na afloop van die funskie)
Bring gazebo’s saam vir as dit reën op die dag van jou funksie!

Wat ons aan jou kan verhuur:

  • Tafels (R15.00) en stoele (R8.00)

Gaste kan gebruik maak van:

Perdry-dienste by Cape Riding Horse – 082 828 6323
Spysenieringsdienste by Corne Caterers – 012 321 6270
Besoek aan die Voortrekkermonument – 012 326 6770
Vergeet-my-nie: 012 653 0154 – Melissa: melissa@vergeetmynie.co.za

Sonsambrele en ander verhuurings:

Berman Hire

Teresa Metcalf
Tel: (012) 653 4249/50
teresa@bermanhire.co.za
Ons adres; Eeufeesweg, Terrein van die Voortrekkermonument.

error: Content is protected !!