Musiek
Die FAK gee jaarliks erkenning aan begaafde studente wat op hierdie vakgebied presteer. Die sluitingsdatum vir alle beurse is einde Februarie 2012. Aansoekvorms is op aanvraag by die FAK-kantoor beskikbaar (Mev Sarie Marais).
FAK/Mimi Coertse Sangbeurs
‘n Nuwe toevoeging tot die FAK Musiekbeurse is die FAK/Mimi Coertse Sangbeurs wat in 2006 vir die eerste keer toegeken sal word. Me Coertse het hierdie beurs in die lewe geroep met die doel om sangstudente tussen die ouderdomme 18 tot 25 (nie professionele persone nie) in staat te stel om hulle sangtalent verder te ontgin.
Gawie Cillié/FAK Junior Musiekbeurs
Die beurs (slegs 1 per jaar) bestaan uit ´n kontantbedrag van R2000 en ´n sertifikaat. Hierdie beurs word toegeken aan Laerskoolleerders.
Gawie Cillié/FAK Hoërskool Musiekbeurs
Die beurs (slegs 1) bestaan uit ´n kontantbedrag van R2000 en ´n sertifikaat. Hierdie beurs word toegeken aan Hoërskoolleerders.
FAK Senior Musiekbeurs
Die beurs (slegs 1) bestaan uit ´n kontantbedrag van R8000, toegeken aan ´n begaafde musiekstudent wat die Unisa-eksamens met sukses geslaag het en reeds besig is met graadstudie in Musiek.
FAK/UV Musiekbeurs
Twee beurse ten bedrag van R2000 elk. Die beurse word uitbetaal na bewys van studenteregistrasie by Universiteit Vrystaat.
FAK/Stellenbosch Musiekbeurs
Twee beurse ten bedrae van R4000 elk. Die beurse word uitbetaal na bewys van studenteregistrasie by Stellenbosch Universiteit.
Aansoekvorms by FAK-kantoor sariem@fak.org.za / 012 301 1777
ONDERWYS EN NAVORSING
Die jaarlikse HB & MJ Thom-toekennings word bekostig uit die opbrengs van die HB Thom-trust, wat bestaan uit die erflating van professor HB (Quintie) Thom en sy eggenote, mev Maria Thom.
Prof Thom (1908 – 1983) was vir 24 jaar dosent in geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. Daarna het hy vanaf 1955 tot 1969 die pos van rektor beklee. Hy was ook president van die konvokasie en die laaste jaar voor sy dood kanselier van die Universiteit.
Benewens sy invloedryke werk as akademikus en universiteits-administrateur het prof Thom as lid en voorsitter van talle openbare liggame ´n leiersrol gespeel, en veral bygedra tot die ontwikkeling van hoër onderwys in Suid-Afrika.
Nominasievorm HB en MJ Thom Onderwystoekenning
Aansoekvorm HB & MJ Thom navorsingstoekenning
Studielenings
Noordelike Helpmekaar-Studiefonds
Die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds (voorheen Transvaalse Helpmekaar-Studiefonds) is in Maart 1962 gestig as ´n onderneming sonder winsoogmerk, met agt stigterslede. Die Studiefonds is gestig weens die besondere behoefte wat in Transvaal bestaan het vir studiehulp nadat die oorspronklike oorkoepelende fonds nie meer in al die provinsies se behoeftes kon voorsien nie.
Die hoofdoel van die Studiefonds is om studente te steun in hulle pogings om verder te studeer deur middel van studielenings. Die fonds word beheer deur ´n direksie en geadministreer deur ´n sekretariaat.
Die volgende riglyne is van toepassing by die oorweging van aansoeke om studielenings:
Finansiële posisie en sekuriteit
Voorkeur sal aan behoeftige studente verleen word. Die aansoeker (en sy ouers) moet bewys lewer dat hulle nie in staat is om (ten volle) vir sy studie te betaal nie. Die aansoeker moet twee persone aanwys wat bereid is om vir hom borg te staan. Die borge moet voldoen aan die vereistes wat periodiek deur die Fonds gestel mag word.
Akademiese prestasie
Die aansoeker moet bewys lewer van ´n redelike akademiese prestasie of skoolloopbaan. Matrikulasievrystelling, of ´n alternatiewe gelykwaardige prestasie wat deur n bepaalde tersiêre inrigting as vereiste gestel word, is n minimum voorwaarde.
Die aansoeker moes minstens 50% gemiddeld vir die skooleindsertifikaat behaal het.
Studierigtings
Lenings word slegs beskikbaar gestel vir voorgraadse studie of vir opleiding aan ´n naskoolse inrigting wat indiensnemingsmoontlikhede inhou.
Aansoeke om steun vir nagraadse studies sal op meriete oorweeg word.
Akademiese inrigting
Lenings word vir studie slegs aan Suid-AFrikaanse universiteite, kolleges of ander erkende instellings vir naskoolse opleiding, ook wat afstandonderrig betref, oorweeg.
Grootte van leningsbedrae
Die Fonds bepaal die bedrag van die lening in twee gelyke halfjaarlikse paaiemente. Die eerste paaiement word in Februarie betaal (nadat skriftelike bewys van inskrywing by die tersiêre inrigting gelewer is) en die tweede paaiement in Augustus. Amptelike vorderingsverslae is noodsaaklik by elke aansoek om uitbetaling van ´n paaiement (tans R15 000 per jaar).
Aansoeke
Daar moet op die amptelike voorgeskrewe aansoekvorms van die Fonds aansoek gedoen word en die aansoek moet vergesel word van die volgende:
- Akte van borgstelling deur twee borge waarvan minstens een oor vaste eiendom moet beskik. Beide borge moet ´n vaste inkomste hê en hulle kredietwaardigheid moet bevestig word.
- Ten minste twee onlangse getuigskrifte verkieslik deur die lener se predikant en skoolhoof.
- Matriekuitslae, of indien reeds ´n student aan ´n naskoolse onderwysinrigting, die vorige jaar se uitslae.
Aansoekvorms en verdere inligting is beskikbaar by:
Die Sekretariaat
Die Noordelike Helpmekaar-studiefonds
Posbus 91050
Aucklandpark
Johannesburg
2006
Telefoon (011) 726 7134
Faks (011) 726 2073 of e–pos nhsfonds@mweb.co.za
