“Amanda Strydom – Stadig oor die klippers” het by vanjaar se KKNK gedebuteer voor vol sale en entoesiastiese gehore.
Die liefde,die lewe , die menslike kondisie,die dood , die blou planeet ,die mens in nood , die uitgeworpenes, die “freaks”. Kortom , Strydom dek ‘n wye spektrum emosies – van die skreeusnaakse tot die tragiese, oor berge en deur dale en stadig oor die klippers.
Die musiek sluit in van haar eie liedjies,asook Johannes Kerkorrel , Sting , Edith Piaf en Marlene Dietrich.
Coenraad Rall is musikale regisseur , verwerker en pianis.