ANTON GOOSEN – Padkos

Koos Kombuis Solo
Junie 25, 2018
Strooijonker
Junie 25, 2018
Wanneer:
Julie 18, 2018 heel dag
2018-07-18T00:00:00+02:00
2018-07-19T00:00:00+02:00
Waar:
Die Boer Durbanville
6 Chenoweth St
Durbanville, Cape Town, 7550
Suid-Afrika
Koste:
R130
ANTON GOOSEN - Padkos @ Die Boer Durbanville | Cape Town | Western Cape | Suid-Afrika

Anton Goosen se nuwe CD Padkos, is sy eerste sedert Groen Blomme-projek 11 jaar gelede. Hy beskryf die musiek as organiese klanke en hy en Peter Pearlson sy ingenieur, het 6 jaar aan en af aan die album gewerk.
Slegs die Soetstemmekoor van die plaas Delta Solms wat op twee snitte, Diep Blou See en Beestepote, sing, is in ‘n ateljee opgeneem. Die meeste van die musiek is of tuis in Gansbaai, of in Peter se kantoor by die Sound Acadamy waar hy ingenieurklasse aanbied, opgeneem. Denzl Keenan van die groep Rooibaard, speel al jare saam met Anton, en sy snitte het hy tuis in Clarens opgeneem en via die internet gestuur.
Organiese klanke volgens Anton is o.a die feit dat daar geen tromme, elektriese kitare, of elektroniese instrumente op die album is nie. Die album is deurspek van akoestiese kitare, Hammond orrel, stomp box, cajon, trompie, bongo’s, mondfluitjie, traporrel, klavier, alt saxofoon, banjo ens.
Van die musikante wat op die album optree is o.a. Lise Swart, Schalk Joubert, Fred Koch (van die Bushrockband), Albert Frost, Gian Groen, Nielen Prisloo, Denzl Keenan, Vernon Swart, e.a.
Anton het met die skryf en opnames van die album sy musikale wortels her-ondersoek.
In die openingssnit, Diep Blou See bekyk en beskryf hy sy omgewing in Gansbaai uit die oogpunt van ‘n boomhuis waar hy als kan dophou: die noorkapperwalvisse, die wit doodhaaie, die perlemoen en galjoen, die hawe ensomeer.
‘n Pawpaw vir my Darling was die temaliedjie vir Koos Roets se film oor Jeanne Goosen se boek met die selfde titel. Die film was ‘n lokettreffer en so ook die liedjie.
Poliesman kan my nie vang nie is die storie van Scotty Smith oftewel George Lennox (1845-1919) wat ‘n perde en diamant dief was, by die rykes gesteel het en die arm man gehelp het. Hy was ook bekend as Suid-Afrika se Robin Hood.
Ou blou geroeste kruiwa, Perlemoentjie en Sagte Kaapse Reën is liefdeliedjies, sommige in ‘n ongewone baadjie.
Die uilvrou van Niew Bethesda is die storie van Miss `helin Martins, die wêreldbekende “outsider” wat met die hulp van Koos Malgas die sementuile en beelde geskep het.
Die bulldozers gallop is ‘n surrealistiese lawigheid van hoe die Kaap en Gauteng Tafelberg en die strand (en ander) kan deel.
Hy was ‘n goeie vriend van my is ‘n ode aan Anton se ontslape vriend, Ollie Viljoen- een van die grootste musikante wat ons land opgelewer het.
Beestepote is ‘n herlewing van ‘n tradisionele Kaapse Karnavallied.
Innie Tsitsilama en In Werk (tot die sand alles uit die uurglas gly) is parodieë van die werklikheid en die perfektheid van ‘n Tuin van Eden en word gekyk na die futiliteit van die mens se bestaan in die modern era, en sy hunkering na die perfekte uit die gevangenisskap van sy eksistensialisme.
Mzansi (word vervolg) is tweeledig. Eerstens is dit ‘n “lokliedjie” van wat op ‘n volgende album volledig aangeraak gaan word en terselfdertyd musikaal die rou aardsheid van Anton se “homegrown” musiek.

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!