Bonjour Monsieur Brel

Kaboemfees
Julie 6, 2017
Jak de Priester – 15 jaar
Julie 6, 2017
Wanneer:
Julie 11, 2017 – Julie 16, 2017 heel dag
2017-07-11T00:00:00+02:00
2017-07-17T00:00:00+02:00
Waar:
Theater on the Square
Koste:
R140
Bonjour Monsieur Brel @ Theater on the Square

In BONJOUR MONSIEUR BREL word Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale gesing deur Jannie du Toit en begelei deur `n musiekensemble uit die boonste rakke. Jannie is dekades reeds `n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en `n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns, onder andere in Nederlands. Sy eerste vertolkings van Brel sing hy in 1988 in die produksie Van Berlyn tot Bapsfontein saam met Laurika Rauch. Brel speel sedertdien deurgaans `n rol in aanbiedinge soos De Kleine Man en Jannie en die Tannie saam met Christa Steyn. Sy mees onlangse optrede in `n Brel-produksie was Brel in Brooklyn in 2010, weer saam met Laurika, met Christa by die klavier en Sergio Zampolli as akkordeonis. Veral twee Nederlandse Brel-liedere – Madeleine en Liefde van later – vestig hom vroeg in die negentigerjare as Brel-vertolker, maar sy latere Franse weergawes van La Valse en Il Neige sur Liege kry ook hoe lof van kenners

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!