CHRIS CHAMELEON IN ‘KAT EN WOLF’

Jak de Priester- Die Winterkonsert
Julie 10, 2018
Fiela se kind
Augustus 20, 2018
Wanneer:
November 2, 2018 heel dag
2018-11-02T00:00:00+02:00
2018-11-03T00:00:00+02:00
Waar:
Tarentaal-teater
R24
Suid-Afrika
Koste:
R160 tot R220
CHRIS CHAMELEON IN ‘KAT EN WOLF’ @ Tarentaal-teater | Suid-Afrika

CHRIS CHAMELEON IN ‘KAT EN WOLF’

Chris Chameleon en Daniella Deysel is Kat en Wolf. Hierdie multimedia musikale projek is gebore uit die begeerte van beide hierdie kunstenaars om buite die kou van hul gevestigde name op vryer vleuels met beeld, klank en kostumering in die ongewone wildernis van hul verbeelding te sweef.

In ‘Kat en Wolf’ breek Chris en Daniella weg van die konvensie van hul respektiewelike korpusse en slag die heilige koeie van verwagting, die selfvonnis van beroepsklassifisering en die maak-vir-smaak eise wat gestel word aan diegene wat hul wend tot die waan van ‘n lewensvatbare musiekloopbaanbestaan.

Kat en Wolf is nie bang vir die donker nie, skrik nie vir bloed nie, is ernstig oor speel en speel met erns. Toonsettings van dele uit die HAT, aanhalings uit kunsgeskiedenis naslaanwerke, die elektrisiteit van seksualiteit en die soeke na die sinvolste verkenning van vals sang is van die onderdele van hierdie aweregse konsertreis.

Chris gee ook altyd, êrens in sy vertoning vir gehore die geleentheid om hulle gunstelinge te versoek!

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!