Coenie de Villiers & Deon Meyer se Karoo Suite

Jo Black & Monique Steyn
Maart 28, 2019
Lizz 35 met Lizz Meiring
Augustus 13, 2019
Wanneer:
April 5, 2019 heel dag
2019-04-05T00:00:00+02:00
2019-04-06T00:00:00+02:00
Waar:
Atterbury-teater
4 Daventry Rd Pretoria
Gauteng 0081 South Africa
Koste:
R170-R190
Coenie de Villiers & Deon Meyer se Karoo Suite @ Atterbury-teater

Coenie de Villiers en sy musikante spring weg met komposisies van sy skitterende nuwe album, Emoji, asook ’n paar bekende treffers.  Die laaste deel van die program bestaan uit die oorspronklike Karoo Suite, ’n musieksuite vir woord en lied, struktureel geskoei op Vivaldi se Vier Seisoene.

Maar dis nie seisoene wat Deon Meyer in sy wonderskone teks belig nie:  dis die mense, die stories en die persoonlikheid van die Karoo.  Meyer, een van die suksesvolste skrywers in die spanningsgenre ter wêreld, is ook self op die verhoog as verteller.  De Villiers het die musiek gekomponeer.

Die bykomende lekkerte is Meyer (ook ‘n fotograaf van internasionale gehalte) se asemrowende fotografie en projeksies wat ’n agtergrondtafereel vir dié multimedia-viering van woord, beeld en musiek skep.

Tog te legendaries!

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!