Danie Niehaus – My reis

Helena Hettema – “Franse aand”
Augustus 22, 2018
Jannie Moolman en Kevin Leo
Augustus 22, 2018
Wanneer:
Augustus 30, 2018 heel dag
2018-08-30T00:00:00+02:00
2018-08-31T00:00:00+02:00
Waar:
Die Boer
6 Chenoweth St
Durbanville, Cape Town, 7550
Suid-Afrika
Koste:
R130
Danie Niehaus - My reis @ Die Boer | Cape Town | Western Cape | Suid-Afrika

In hierdie vertoning neem Danie Niehaus jou op reis – deur sy lewe, deur tyd … met musiek van lank gelede tot nou en hy reis ook met gemak deur verskeie tale en genres. Die oorspronklike musiek is meestal op die vrou gemik, besing die liefde en is die pennevrug van meer as 30 jaar in die musiekbedryf, wat ook musiek insluit soos sy nuwe treffer “Parys in die somer” van sy nuutste album, “Meesters van die Kuns” en sy bekende “Jy is vrou”. Die program neem die gehoor op ‘n musikale reis deur ballades, ligte rock- en ligte klassieke musiek met vertellings – soms komies – oor die ontstaan van al die liedjies – dié uit sy eie pen, maar ook die musiek waarmee hy grootgeword het en wat hom geïnspireer het oor die jare om musiek te skryf en te sing. Jy kan saam met Danie lekker lag, heerlik terugdink en sommer goed nostalgies raak …

Reis is altyd beter saam met ‘n goeie reisgenoot en Danie Niehaus nooi jou vir hierdie een aand om saam met hom op reis te gaan! Moet dit nie misloop ni

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!