DIE BROERS – DIEP IN MY HART

Rocco de Villiers – Kortbroek, Langkouse
Junie 26, 2018
Dowwe Wicus en Dolla van der Merwe
Junie 26, 2018
Wanneer:
Augustus 15, 2018 @ 10:40 vm – 11:40 vm
2018-08-15T10:40:00+02:00
2018-08-15T11:40:00+02:00
Waar:
Die Boer
6 Chenoweth St
Durbanville, Cape Town, 7550
Suid-Afrika
Koste:
R130
DIE BROERS - DIEP IN MY HART @ Die Boer | Cape Town | Western Cape | Suid-Afrika

Na 18 jaar se ondervinding in die musiekbedryf is dit sekerlik tyd vir die Broers om ‘n grootste treffers-album vry te stel.

Broers het egter ‘n stappie verder gegaan en ‘n regstreekse konsert opgeneem. Daarmee bied hulle vir hul aanhangers ‘n album met al hulle treffers. “Trein na Margate”, “Jonk Bly”, “7x70”, “Toeter Skoeter”, “Huistoe”, “10 000 myl” en “Daar sal nuwe winde waai” is alles op een album wat splinternuut klink.

Benewens die treffers, het al die bekende liedjies, wat Broers gereeld tydens hulle konsert-uitvoerings sing, ook hierdie slag ‘n plek op die baie gesogde versamel-album gevind. Liedjies soos “He ain’t heavy, he’s my brother”, “Africa”, “Better be home soon”, “Sy leer my om te Jodel”, “Down South in New Orleans”, “Hard to say I’m sorry”, asook die immergewilde “American Trilogy”, is ingesluit.

Broers het ook hulle ou sangmaats, “The Bala Brothers”, nader getrek en sing twee wonderlike liedjies saam met hulle: “Me gu ru”, asook “The way old friends do”.

Die samestelling van hulle gewildste liedjies is lekker vloeiend en bevat 18 snitte wat in konsertformaat aan die luisteraar gebied word.

Broers het in 2010 verskeie hoogtepunte beleef, waarvan die grootste sonder twyfel ‘n optrede ter ere van president Jacob Zuma was. Na die optrede het hulle ‘n staande toejuiging van die gehoor gekry. Hierdie hoendervleis-oomblik was soveel meer indrukwekkend omdat die gehoor nie tradisioneel Afrikaanse musiek-luisteraars was nie.

Broers, “Grootste treffers Live”, is ‘n lekker luister album en sal beslis in meer huise as net die van hul aanhangers groot genot verskaf.

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!