Fiela se kind

CHRIS CHAMELEON IN ‘KAT EN WOLF’
Julie 10, 2018
Karen Zoid op Klavier
Augustus 20, 2018
Wanneer:
Augustus 24, 2018 heel dag
2018-08-24T00:00:00+02:00
2018-08-25T00:00:00+02:00
Waar:
Atterbury-teater
Lynnwood Bridge
Bloukrans Building, 4 Daventry St, Lynnwood Manor, Pretoria, 0081
Suid-Afrika
Koste:
R140 tot R160
Fiela se kind @ Atterbury-teater | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons ‘n kind aandoen nie. Die bruin vrou Fiela Komoetie het haar wit vondelingkind Benjamin met liefde en trots grootgemaak, tot die dag nege jaar later dat die sensusmanne hom kom haal het. “Hulle het hom net kom vat, sommer net so!” het Fiela Komoetie gese. Aan die ander kant van die berg, in die Bos, woon die houtkapper Elias van Rooyen en sy vrou Barta, wie se driejarige Lukas weggeraak het. Is Benjamin en Lukas dieselfde kind? Jare later is dit Benjamin/Lukas self wat worstel met die vraag: wie is ek? Hy moet weet, anders kan die vrou wat hy liefgekry het nooit syne wees nie. Die antwoord is daar, weet hy: iewers in homself, diep verskuil in die verlede, bly dit hom ontwyk. Dalene Matthee se baie bekende Fiela se Kind is deur Suzanne van Wijk vir die verhoog verwerk en Frans Swart hanteer die regie

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!