FilosofieKafee

Winterslaap
Julie 4, 2017
Philip Moolman
Julie 6, 2017
Wanneer:
Julie 14, 2017 heel dag
2017-07-14T00:00:00+02:00
2017-07-15T00:00:00+02:00
Waar:
Café Riche
Church Square
Pretoria Central, Pretoria, 0186
Suid-Afrika
Koste:
Aandete: R 90 vir ‘n Bistro maaltyd
Kontak:
(012) 323 1332 / 012 328 3173
FilosofieKafee @ Café Riche | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

FilosofieKafee:  Vrydag: Vrydag 14 Julie: Tema: “Hoe kan ons ‘n ander wêreld verwesenlik?”

SprekerFanie de Beer 

Die volgende FilosofieKafee by Café Riche, die tuiste vir die oop gesprek, vind plaas op Vrydag 14 Julie om 19:00. Hierdie gesprekke het in 1998 beslag gevind en word sedertdien maandeliks op die tweede Vrydagaand van die maand gehou. Die onderwerp van ons volgende geleentheid klink bemoedigend, selfs opwindend.

 

Die tema vir 14 Julie: “Hoe kan ons ‘n ander wêreld verwesenlik?”

Hierdie gesprek vind plaas teen die agtergrond van ‘n begeerte om midde-in ‘n betreklik siek samelewing te pleit vir ‘n gesonde of beter same-lewing, om midde-in die beangstigende ervaring van gemeenskapsafwesigheid wel te argumenteer vir ‘n alternatief wat saam-wees en saam-leef wesenlik moontlik maak.

Fanie verlei die denker tot die moontlikheid van die herbetowering van ‘n onttowerde wêreld.

Dit is oudergewoonte nie ‘n lesing nie en vind in ‘n bistro-atmosfeer plaas. Gaste kan met ander woorde tussendeur eet en ’n drankie geniet en reeds vanaf 18:00 smul aan ‘n keuse van drie keurige disse.

Daar is professionele sekuriteitswagte gereël om die parkeerarea te patrolleer. 

 

Agtergrond oor die spreker

Fanie de Beer is ‘n Professor Emeritus by die Departement van Inligtingkunde van Unisa en is tans verbonde aan die Departement Inligting van die Universiteit van Pretoria as navorsingsvennoot.

Hy het grade behaal in landbou en filosofie tot op dokorale vlak aan die Universiteit van Pretoria, asook ‘n post-doktorale kwalifikasie in filosofie aan die Universiteit van Parys X Nanterre, Frankryk. Hy het onderrig gegee in filosofie, kommunikasiekunde en inligtingkunde by verskeie universiteite; het navorsing op al hierdie gebiede ondeneem en was betrokke by konsultasiewerk op die gebiede van kennisskepping, invensie, disseminasie en toepassing. Hy het wyd op al hierdie gebiede gepupliseer. Sy tyd word tans gewy aan navorsing op die volgende gebiede: filosofieë en teorieë van inligting (veral teorieë oor infomatisering en plasisiteit), leesteorie en geletterdheid, die herinvensie van menslike spiritualiteit en noologie, en die verhouding tussen etiek, kennis en wetenskap. 

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!