Hoe ‘n man se kop werk met Altus Theart

Appel
Augustus 13, 2019
Demi Lee Moore
Augustus 13, 2019
Wanneer:
September 11, 2019 heel dag
2019-09-11T00:00:00+02:00
2019-09-12T00:00:00+02:00
Waar:
Blou hond-teater
5 Darlington Rd
Lynnwood Manor, Pretoria
0081
Koste:
R160 -R360 (ete en vertoning ingesluit)
Hoe 'n man se kop werk met Altus Theart @ Blou hond-teater

Altus Theart speel die rol van Bobby in hierdie skreeusnaakse eenman-komedie genaamd “HOE ‘n MAN SE KOP WERK”.

Dit het staande toejuigings ontvang in uitverkoopte vertonings by KKNK, Volksbladfees, Innibos en Aardklop.

Altus het gewild geraak vir sy rolle Werner ‘Killer’ Botha in die flieks Bakgat en Bakgat 2, Henk Landman in Kruispad en Fafa Beltrami in die Getroud Met Rugby-reekse. Hy was verlede jaar te sien in Deon Opperman se produksie, Tree Aan en het onlangs klaargemaak met nog ‘n Opperman musiekblyspel, Lied van My Hart by die Staatsteater.

Hoe ‘n Man Se Kop Werk is vol humor terwyl die gehoor saam met die hoofkarakter “Bobby” ‘n emosionele reis deur die binnewerkinge van sy brein neem. Die klem hier op hoofkarakter, want al is dit ‘n eenmanvertoning, voel dit nie so nadat jy kennis maak met al die ander karakters nie. Bobby het nie grootgeword tussen vroue nie, maar tussen ‘n klomp obskure mansfigure wat as rolmodelle almal ‘n invloed op sy lewe gehad het en wat sy persepsie oor verhoudings en vroue help vorm het…..

Die teks is ‘n vertaling van die “solo play”, The Male Intellect – an oxymoron? deur Robert Dubac. Elzette Maarschalk het die regie en vertaling behartig.

Comments are closed.

error: Content is protected !!