Hoe ‘n man se kop werk

Coenie de Villiers – Mosselbaai
Augustus 22, 2018
Steve Hofmeyr Skree – Sasolburg
Augustus 22, 2018
Wanneer:
Augustus 31, 2018 heel dag
2018-08-31T00:00:00+02:00
2018-09-01T00:00:00+02:00
Waar:
Omaruru Kunstefees, Namibië
Koste:
R150
Hoe 'n man se kop werk @ Omaruru Kunstefees, Namibië

Die hoofkarakter, Bobby, neem die gehoor op ‘n emosionele reis deur die binnewerkinge van sy brein.

Bobby het nie grootgeword tussen vroue nie, maar tussen ‘n klomp obskure mansfigure wat as rolmodelle almal ‘n invloed op sy lewe gehad het en wat sy persepsie oor verhoudings en vroue help vorm het…

“Twee weke gelede het Bobby se verloofde haar gewip-en-gewaai nadat hy gesê het hy het space nodig. Sy het gesê hy mag haar nie kontak nie, sy sal hom bel wanneer die twee weke verby is; en dit is oor 80 minute…! In sy soeke na waar hy drooggemaak het, besef hy haar kat se naam is ‘n metafoor van wat sy in hulle verhouding wil hê, maar hy kan om die dood nie die kat se naam onthou nie!”

Hy moes na Vinnige Freddie geluister het: los haar voor sy jou los. RP:
Rejection Protection! Die tyd raak min en hy het nog steeds nie uitgefigure wat dit is wat sy wil hê nie. Na komiese dermkrappery is hy heelwat wyser.
Hopelik is dit nie te laat nie…!

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!