Jakkie Louw

Bobby van Jaarsveld
Julie 6, 2017
Riana Nel – Akoesties
Julie 6, 2017
Wanneer:
Julie 14, 2017 heel dag
2017-07-14T00:00:00+02:00
2017-07-15T00:00:00+02:00
Waar:
Centurion Teater
123 Amkor Rd
Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Suid-Afrika
Koste:
R140
Jakkie Louw @ Centurion Teater | Centurion | Gauteng | Suid-Afrika

Jakkie Louw is gebore in die Hartjie van die klein karoo. Hy het in Bellville begin musiek maak en op Stellenbosch gaan studeer en die rigting van B.comm. Hy het reeds in Stellenbosch begin sing by die plaaslike pubs en teaters. In Pretoria het Jakkie begin sing in die besige studente kuierplekke en hierdie Kapenaar het dadelik naam gemaak. In 2006 bring Jakkie Louw Drie Pikkewyne uit en die land se deure gaan vir hom oop. Hy sing by elke fees en is bekend daarvoor om die partytjie aan die gang te kry.

Hy het later sy sagter kant gewys met sy groot treffer Een miljoen woorde. Hierdie liedjie handel oor kanker bewustwording en hy het sederdien, gratis 12 konserte elke jaar gedoen  vir CANSA (cancer association of South Africa)

In 2015 bring Jakkie sy balade album uit Die standvastige man wat gelaai is met sy pragtige stories en dien as ‘n huldeblyk aan sy Pa en familie.

Junie 2017 bring Jakkie se party in SA album uit met net oorspronkike kuier musiek. Hy en sy orkes sal jou laat voel jy is terug in jou ‘everegreen’ studente jare.

“DIS LEKKE DIS LEKKE-WANT JY DANS SOOS EKKE-DIE HARLEKYNE JAAG DAAI PIKKEWYNE!!”

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!