Koos Kombuis Solo

Radio Kalahari Orkes
Junie 25, 2018
ANTON GOOSEN – Padkos
Junie 25, 2018
Wanneer:
Julie 21, 2018 heel dag
2018-07-21T00:00:00+02:00
2018-07-22T00:00:00+02:00
Waar:
Die Boer Durbanville
6 Chenoweth St
Durbanville, Cape Town, 7550
Suid-Afrika
Koste:
R140
Koos Kombuis Solo @ Die Boer Durbanville | Cape Town | Western Cape | Suid-Afrika

Nou, vir die eerste keer alleen op die verhoog, sonder al sy alter-ego’s!

Dit klink seker soos ‘n grap om ‘n Koos Kombuis-vertoning te adverteer as ‘n “solo”-optrede. Was Koos Kombuis nie die grootste deel van sy lewe bekend vir sy een-man-optredes nie?

Tog: vir die meeste van die tyd was hy gekoppel aan die een of ander beweging, deel van ‘n sg. “alternatiewe” groep, simbool van protes of voorstander van eksentrieke denke.

Deesdae is dit net Koos. Hy het al sy maskers afgehaal. Hy het besef dat hy dieselfde ou is, wat hy homself ook al noem, of hy deel is van ‘n volk of nie. Sonder vriende, sonder vyande, sonder cause, sonder politiek of wroeginge; net hy en sy bottel wyn, sy kitaar, en sy stories van eensaam reise deur die landskap van die hart.

Nog steeds snaaks, ja. Nog steeds self-spottend, ja. Maar eerliker as ooit tevore.

En stoksiel-alleen.

Kom kuier saam met Koos. Kom verbeel jou dis net jy en hy, alleen in die kamer.

Kom word deel van Koos Kombuis se mees intieme konsert ooit.

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!