Laurika in Konsert – Pretoria

Bobby van Jaarsveld @ Goldfiel… – Welkom
Mei 28, 2018
Mathys Roets – Draai wiel draa… – Pretoria
Mei 28, 2018
Wanneer:
Junie 2, 2018 heel dag
2018-06-02T00:00:00+02:00
2018-06-03T00:00:00+02:00
Waar:
Atterbury-teater
4 Daventry St
Lynnwood Manor, Pretoria, 0081
Suid-Afrika
Koste:
R240 tot R260
Laurika in Konsert - Pretoria @ Atterbury-teater | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

Laurika word begelei deur Clinton Waring, saam wie sy reeds bykans 18 jaar saamwerk. Met so `n lang vennootskap ontwikkel daar amper `n magiese verhouding tussen twee kunstenaars – hulle verstaan mekaar so fyn dat wedersydse respek en begrip `n ekstra bestanddeel tot elke optrede voeg.
Die twee kunstenaars het `n unieke repertorium wat strek vanaf Laurika se eerste bekende liedjies tot vandag. Gehore sal Clinton Waring veral onthou as die sanger en pianis wat daardie legendariese duet van `Stille Waters` (Blue skies) saam met Laurika opgeneem het.

Laurika in konsert sal maar hulle tweede solo-vertoning in die Atterburyteater sedert die teater se bestaan wees, wat dit natuurlik `n besonderse geleentheid op sigself maak. Van haar bekende liedjies, maar ook `n hele paar verrassings, sal uit die hoed gehaal word. Nuwe stories sal gehoor word asook liedjies van Laurika se nuutste album, `Gunstelinge`. Kortom, dit beloof om `n aand van vintage Laurika en Clinton te wees!

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!