Harrebaard! -Die Ooms se band
Junie 26, 2018
Rocco de Villiers – Kortbroek, Langkouse
Junie 26, 2018
Wanneer:
Julie 29, 2018 heel dag
2018-07-29T00:00:00+02:00
2018-07-30T00:00:00+02:00
Waar:
Die Boer
6 Chenoweth St
Durbanville, Cape Town, 7550
Suid-Afrika
Koste:
R110
Leah @ Die Boer | Cape Town | Western Cape | Suid-Afrika

Leah word tans beskou as een van die top vroulike Afrikaanse kunstenaars in die land.

Julle het Leah leer ken as die fikse onnie, Juffrou de Bruin, in die bekende musiekfilm, “As Jy Sing”, waar sy ook haar vernuf as sangeres gewys het. Met die uitreiking van Leah se eerste album, ‘Wonderwerk’, was dit reeds duidelik dat daar ‘n nuwe, vars stem op die Afrikaanse musiektoneel verskyn het waarmee daar gewis rekening gehou sou moes word. “Met Jou Klere Aan” het Suid-Afrika op die dansvloer gekry en het reeds meer as ‘n halfmiljoen kyke op YouTube.  Sy het onder andere met die Ghoema Nuweling van die Jaar-toekenning in 2016 weggestap en het self drie Huisgenoot Tempo-toekennings in dieselfde jaar ontvang. Van haar ander gewilde treffers sluit ook in “Volmaan”, “Meer As Niks” en “Mooi Weer”.

Haar Deluxe Weergawe-album is November 2016 uitgereik en haar nuwe enkelsnit, Jou Liefde het ranglyste regoor die land geklim en was ook #1 op kykNET se Top 20. Die album het ook intussen goue status behaal!

Leah sing nie ook net Afrikaans en oorspronklike musiek nie, sy het musiekteater studeer en al menigte vertonings saam met Mike McCullagh gedoen, soos onder andere ’60 Something’, ‘Station 70’ en ‘That 80’s Show’.  Oud en jonk kan gereed maak vir ‘n opwindende aand met hartroerende ballades, ‘n paar goue oues asook nuwe treffers wat jou sal laat saamsing en dans! 

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!