Lizz 35 met Lizz Meiring

Coenie de Villiers & Deon Meyer se Karoo Suite
Maart 28, 2019
Donkie met Frank Opperman
Augustus 13, 2019
Wanneer:
Augustus 16, 2019 heel dag
2019-08-16T00:00:00+02:00
2019-08-17T00:00:00+02:00
Waar:
Blou hond-teater
5 Darlington Rd
Lynnwood Manor, Pretoria
0081
Koste:
R160 - R200 (ete ingesluit)
Lizz 35 met Lizz Meiring @ Blou hond-teater

IN 2019 , vier aktrise Lizz Meiring 35 jaar in die vermaaklikheidbedryf!!!
Om hierdie mylpaal te vier is ‘n spesiale vertoning/konsert geskep.
Lizz 35 is n klets en skets konsert en vertel Lizz van die woelinge en waansin, die tragedies en triomfe , die chaos en kreatiwiteit , die beroemdes en berugtes , die vreugdes en vertwyfelings van ’n lewe as aktrise. Sy onthul die ver paaie se reis – plaaslik en internasionaal, die vreemde kleedkamers, verhoë,
film- en tv stelle , die soms vreemde gedrag van gehore , luisteraars, kykers en die bewonderaars.
In die uiters vermaaklike stuk , vol verrassings oor die vermaaklikheidsbedryf , kry die gehoor ’n agter-die-skerms ervaring soos nog nooit vantevore.
’n Stroom karakters uit haar skeppende skatkis maak hul opwagting – dis vars, dis slim, snaaks en soms meer ernstig . Dis warmhartig, deernisvol en uiteindelik die storie van oorleweing en belewing – die verhaal van die aanslae, gelukskote , opslae en wenslae van die lewe waarmee elkeen kan indentifiseer .

Comments are closed.

error: Content is protected !!