Vir die derde keer vertel Sandra Prinsloo ‘n gewone mens se eenvoudige verhaal. Nellie se verhaal. ‘n Rou en hartroerende reis deur die lewe, gevul met liefde, humor en leed. Asook die tragiese verlies aan woorde wat met dementia gepaard gaan. Jy gaan lag, jy gaan huil.
Regie, teks en musiek deur Nico Scheepers.