Radio Kalahari Orkes

Schalk Bezuidenhout
Augustus 22, 2018
Nianell
Augustus 22, 2018
Wanneer:
September 19, 2018 heel dag
2018-09-19T00:00:00+02:00
2018-09-20T00:00:00+02:00
Waar:
Die Tarentaal
R24
Suid-Afrika
Koste:
R170 tot R250
Radio Kalahari Orkes @ Die Tarentaal | Suid-Afrika

Die Radio Kalahari Orkes tree op by die Tarentaal Teater Rustenburg!

Na lange verwagting sal RKO hul ondersteuners weereens vermaak met een van hul flambojante vertonings.

‘n Mens hoor die snaakste, maar ook die vreemdste en ongelooflikste stories in Radio

Kalahari Orkes se liedjies. Hulle stel jou bekend aan plekke, tye en karakters wat jy

sommer kan sien selfs al kan jy hulle nie sien nie. Radio Kalahari Orkes is vol skop,

lewe, energie en dis terug na die roots, die wortels: kaal, reguit en eerlik.

Hulle kan nie wag nie!

Sedert Radio Kalahari Orkes (RKO) se bekendstelling in 2005 KKNK, het hulle die harte en voete van die hele nasie landwyd opgeëis. Hulle navolgers is so wydversrpeid soos hulle musiek. Afrikaans, Engels, swart, Capies… almal word geraak en geamuseer deur die ‘orkes’.

Voor in die koor is die geliefde stoepsitter van die Kalahari-oase, Boet (Ian Roberts). Hy lei die orkes in ’n lewendige, soms aw…eregse vertoning van die beste musiek wat Afrikaans sekerlik tans bied. Hulle kan sing! En mondfluitjie speel, riel, dans en kitare slaan…

RKO was ’n treffer by Oppikoppi en Innibos. By die KKNK het mense agter hulle aangeloop van vertoning na vertoning. In Pretoria was elke optrede van RKO weke vooruit volbespreek.

Die musiek is uniek en eg-Suid-Afrikaans, met invloede uit die hele skatkis van die land se kulture. Op die album word geen genre met rus gelaat nie, van goema tot rock; kwaito tot boeremusiek… en natuurlik nog vele meer. Die orkes se instrumente sluit in kitare, banjo’s, mandolien, mondfluitjie, kazoo, pennywhistle, viool, dromme… en die pragtige Krummelpoppies se agtergrondstemme.

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!