Schalk Bezuidenhout

Anton Goosen
Augustus 22, 2018
Radio Kalahari Orkes
Augustus 22, 2018
Wanneer:
September 8, 2018 heel dag
2018-09-08T00:00:00+02:00
2018-09-09T00:00:00+02:00
Waar:
Die Tarentaal
R24
Suid-Afrika
Koste:
R120 tot R200
Schalk Bezuidenhout @ Die Tarentaal | Suid-Afrika

Schalk Bezuidenhout, die krulkopkomediant met sy kenmerkende truitjies en skerp tong, is die mees opwindende nuwe stem in Suid-Afrikaanse stand-up. Sedert hierdie boorling van Kempton Park in 2015 (en weer 2017) in Trevor Noah se voorprogram opgetree het en ‘n solo-vertoning op Comedy Central uitgesaai is, het hy vinnig ‘n huishoudelike naam geraak. Hy het ook reeds twee Comics Choice-toekennings en ’n gesogte SAFTA ingepalm. Schalk is deesdae ‘n bekende gesig op televisie, veral in die rol van die geliefde Danny in die kykNET-reeks Hotel en as anker van die satiriese nuusprogram Die Ware Naarheid met Schalk Bezuidenhout, ook op kykNET. Nou keer Schalk terug met ’n nuwe vertoning, Snorseun. Teatergangers kan uitsien na die snorseun op sy beste, met nuwe materiaal, vlymskerp waarnemings en sosiale kommentaar oor die lewe en die land waarin ons leef. Snorseun sal baie reaksies by jou uitlok, waarvan lag sommer lag-lag die grootste is.

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!