Theuns Jordaan – OPTOG!

EET KREEF!
Maart 3, 2020
Blondes op 2 klaviere – gekanselleer
Maart 3, 2020
Wanneer:
Maart 31, 2020 heel dag
2020-03-31T00:00:00+02:00
2020-04-01T00:00:00+02:00
Waar:
Atterbury-teater
4 Daventry St
Lynnwood Manor, Pretoria
0081
Koste:
R200-R220
Theuns Jordaan - OPTOG! @ Atterbury-teater

Theuns Jordaan is sonder twyfel een van die grootste stemme wat Afrikaans nog opgelewer het.

As sanger het Theuns oor die jare bekend geword vir die gemak waarmee hy gehore vermaak. Van sagte ballades en liefdesliedjies tot op-en-wakker deuntjies wat mense op hulle stoele laat dans. Een ding is seker – Theuns weet net hoe!

Hy is ook nie net ‘n uitstekende vertolker van sy eie werk nie. Wanneer hy die musiek van kunstenaars soos Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel of Koos Kombuis sing, bring hy daardie liedjies met sy eiesoortige styl na waarderende gehore. Met sy weergawe van Beautiful in Beaufort-Wes het hy Suid-Afrika voorgestel aan die liedjieskrywer Gert Vlok Nel.

Theuns se samewerking met Anton L’Amour is een van die sterkstes in Afrikaanse musiek. Wanneer Theuns en Anton saam op ‘n verhoog klim, is die gehoor verseker van musiek uit die boonste rakke. Hulle werk uitstekend saam, ken mekaar en vul mekaar aan. Saam is hulle ‘n gedugte tweemanskap wat gehore oor die hele land vermaak. ‘n Theuns Jordaan-vertoning met Anton L’Amour op die verhoog, is een wat nie misgeloop moet word nie!

Comments are closed.

error: Content is protected !!