Verdubbel die Geluk – Petronel Baard & Stef Kruger

Nataniel Winterkombuis
Julie 6, 2017
Monique Steyn
Julie 6, 2017
Wanneer:
Julie 14, 2017 heel dag
2017-07-14T00:00:00+02:00
2017-07-15T00:00:00+02:00
Waar:
Barnyard Plettenbergbaai
Askop Road
The Crags
Suid-Afrika
Koste:
R120
Verdubbel die Geluk - Petronel Baard & Stef Kruger @ Barnyard Plettenbergbaai | The Crags | Suid-Afrika

Verdubbel die geluk is ‘n produksie wat hart en siel bymekaar bring!

Die legendariese liedjieskrywer,  Stef Kruger en die Lang Vrou – Petornel Baard – se ongelooflike stem en musikale vertolkings, is ‘n wenkombinasie.

Stef se bekende wysies en woorde vervoer met ou en nuwe nostalgie tussen die” pennies op die spoor “ en “grassade in die wind” wat waai langs die pad…Petronel se vrolike lag kan ver gehoor word as hy een van sy “ware” stories vertel en wanneer sy in vervoering haar mooi musiek sing, is daar gewoonlik geen droë oog in die gehoor oor nie.

Petronel speel klavier en doen harmonie saam met Stef wat haar ondersteun op sy perkussie instrumente.
Hulle wissel die spoor van lieflike musiek af met ‘n gekorswel en van Stef se “ware stories” wat jou sal laat krul van die lag.

Sensitief, selfs liefdevol is die styl waarmee hierdie twee kunstenaars jou in vervoering neem en met ‘n liefde vir hul moerdertaal, Afrikaans en hierdie land van hul harte, is dit inderdaard dubbeld die geluk.

Emmers vol talent na jou voorstoep vanjaar, kom kuier en lag saam!

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!