Die Erepenning vir Volksdiens was die FAK se hoogste eerbewys. Die gedagte van ’n buitengewoon eksklusiewe eerbewys, in die vorm van ’n erepenning, as erkenning aan verdienstelike Afrikaners vir kultuurwerk van blywende waarde, is in 1954 deur dr. SH Pellissier geopper. Nadat die saak indringend bespreek is, is in 1956 besluit dat die FAK-Erepenning vir Volksdiens slegs in buitengewoon verdienstelike gevalle toegeken sal word.

Toekennings ontvang

1957

Dr. DF Malan

1961

Dr. SH Pellissier

1962

Kmdt. CA van Niekerk

1964

Pres. CR Swart

1965

Mev. ME Rothman

1966

Mnr. IM Lombard

1968

Prof. DF Malherbe

1970

Prof. HB Thom

1971

Dr. PJ Meyer

1974

Mev. MM Jansen

1977

Dr. MS Louw

1982

Dr. AC Hartman (postuum)

1984

Prof. JP Nienaber

1987

Dr. Anton Rupert

1991

Dr. WA Cruywagen

1996

Prof. JA Heyns (postuum)

1998

Mnr. Johan Roode

2002

Mnr. Ton Vosloo

2005

Prof. Johan Degenaar

2006

Mnr. Piet Botha

2006

Me. Katinka Heyns

2006

Dr. Danie Cronje

2007

Prof. TT Cloete

2008

Prof. JC Steyn

2009

Prof. CWH Boshoff

2009

Mnr. H Pieter van der Westhuizen

2010

Prof. Jaap Steyn

2011

Prof. Hermann Giliomee

2012

Prof. Andreas van Wyk