Welkom by die FAK

MILITÊRE GESKIEDENISFEES HERLEEF BY MONUMENT
MILITÊRE GESKIEDENISFEES HERLEEF BY MONUMENT

Pretoria 24 April 2012. Die Voortrekkermonument Erfenisterrein bied hierdie jaar op 1 Mei ‘n Militêre en Geskiedenisfees aan.  Die fees was in die verlede só gewild dat besluit is om dit te laat herleef.

Die idee om die militêre fees weer op die been te bring, het gekom na aanleiding van ‘n navraag wat die Monument ontvang het. Daar vind blykbaar slegs een groot militêre fees per jaar in die land plaas, maar dié het nie die ruimte wat die Monumentterrein bied nie. Daar is twee plekke met stalletjies by die Monument beskikbaar, asook baie ruimte vir statiese militêre uitstallings.

Handelaars sal militaria, boeke, medaljes, uniformstukke en selfs militêre kunswerke verkoop. Persone wat hulle versamelings wil uitstal, is ook welkom. Die Pantserformasie van die SANW gaan ‘n Rooikat-pantservoertuig en ‘n Ratel ZT3-vuurpyllanseerder tot die fees bydra. Die skrywers van die boek ‘Skadu’s in die Sand’ wat handel oor die ervaringe van ‘n Koevoet-spoorsnyer, sal tydens die fees byderhand wees om eksemplare van die boek te teken.

Die fees word op 1 Mei van 09:00 tot 16:00 op die piekniekterrein van die Voortrekkermonument aangebied.

Kosstalletjies sal beslis enige honger stil en ‘n bierkaravaan sal omsien na die dors. Toegang behels R20 per voertuig, ongeag die getal insittendes. Belangstellendes kan Geraldine Paulsen kontak by bemarking@voortrekkermon.org.za of by 012 326 6770 met navrae.

Motie van het lid Van der Staaij (SGP)
Begroting Buza 24-11-2011

De Kamer,

Gehoord de beraadslaging,

Constaterende, dat Zuid-Afrika kampt met hardnekkige vormen van discriminatie en vele ernstige geweldsmisdrijven, waaronder racistisch geweld, mede jegens Afrikaners, maar ook grote zorgen bestaan over elementaire grondrechten, zoals de persvrijheid; Lees verder…..

Overwegende, dat Nederland in het verleden de Zuid-Afrikaanse overheid met juridische kennis en expertise heeft bijgestaan ten aanzien van de bescherming van mensenrechten, het tegengaan van geweld en discriminatie, alsmede het respecteren van grondrechten;

Verzoekt de regering te bezien hoe Nederland en waar mogelijk de EU op het gebied van onder meer preventie, opsporing, justitiële ondersteuning en expertise een bijdrage kunnen verlenen aan het bestrijden van discriminatie en (racistische) geweldsmisdrijven, mede jegens de Afrikaners, en tevens kunnen bijdragen aan het borgen van grondrechten, zoals de persvrijheid, in Zuid-Afrika

En gaat over tot de orde van de dag.

Van der Staaij

Die ANC, Hollande en die ‘dom ekonomie’
Gepubliseer deur

Eugene Brink

“It’s the economy, stupid.”

Met hierdie uiters eenvoudige volksmond-slagspreuk het oudpres. Bill Clinton die kiesers se harte gewen in 1992 se verkiesing in ‘n tyd toe die Amerikaanse ekonomie gesteier het na afloop van die Koue Oorlog. Dit is ook die vernaamste kwessie in vanjaar se Amerikaanse en Franse verkiesings.

Terwyl Nicolas Sarkozy as president besuiniging en oppofferinge by die Franse publiek bepleit het, het hy sonder skaamte Franse sjampanje saam met sy miljardêr-vriende op hul seiljagte gedrink. Dit het die sosialistiese kandidaat, François Hollande, baie skietgoed gegee om mee te werk en hy is gister tot die nuwe Franse president verkies. Hollande het, nes Sarkozy, die gesiglose “elite” aangeval as als wat sleg is asof hierdie klein groepie die enigste sondebokke is en hul lyding die res se nood gaan verlig. Verder wil hy die land se besuinigingsmaatreëls, wat wel nodig is, omkeer en mense minder laat werk en meer afhanklik van die staat maak. Hy wil boonop die aftree-ouderdom met twee jaar verlaag (van 62 na 60) en sodoende Sarkozy se beleid ongedaan maak om die Franse, wat tradisioneel nie vreeslik lief is vir werk nie, meer produktief te maak.

Dit is wel so dat daar in gevestigde demokrasieë ‘n gereelde en gesonde magsoordrag van een party na die ander is. Dit hou elke party op sy tone om die beste moontlike beleide te boetseer om die publiek se guns te wen en hierdie mededinging is goed vir die mense en hul lande. Dit is egter ook so dat Hollande se beleide dié is wat Griekeland, Spanje en Italië in die pekel laat beland het. Terwyl die gemiddelde Griek nie later as op 55 aftree nie en dan van die staat af wil lewe terwyl hulle lekker op die strand lê, bots dit lynreg met die demografiese en ekonomiese tendense in die Weste. Die gemiddelde Westerling gaan langer lewe as sy voorgangers dus as ‘n Griek 90 of ouer gaan word, beteken dit hy het net sowat 30 jaar lank vir sy oudag gespaar en gaan dan nog bykans 40 jaar lank moet lewe. En die laaste 40 jaar gaan hy baie meer mediese sorg nodig hê. Die Weste se aanwaskoerse het ook aansienlik gedaal met al hoe minder jongmense om te werk om die groeiende groep oues te onderhou. In ‘n onlangse Reuters-peiling onder Amerikaners van werkende ouderdom is bevind meeste is van plan om later as 65 nog te werk en 11% is van plan om nooit op te hou nie.

Ewenwel, Hollande se beleide kan nie volhoubaar vir Frankryk wees nie. Meer mense moet aan die werk kom en minder staatsgeld verbruik, nie andersom nie. As mense meer staatshulp benodig, beteken dit twee goed: Hulle werk glad nie of verdien te min, en hulle gebruik ander mense se geld wat die regering aan hulle uit die staatskas gee. Hierdie verbruik is dalk ‘n goeie element vir welluidende verkiesingsveldtog-retoriek, maar dit skep nie werk nie. ‘n Land is nie ‘n bodemlose put van geld wat voor die voet vir elke burger kan gee sonder om ook bydraes te verwag nie. Groei kan nie deur onproduktiwiteit en gepaardgaande verbruik gestimuleer word nie, maar deur produktiewe mense met unieke kennis wat goedere en dienste ontwikkel en verkoop aan die publiek in die vrye mark. Die regering se plig is dus om ‘n gunstige omgewing te skep om werkgewers, wat toenemend multinasionaal is, te trek en skep en goeie werknemers te kweek. Dit moet die regering se eerste prioriteit wees terwyl maatskaplike dienste ook altyd nodig sal wees, maar geminimaliseer moet word. Die mantra is eenvoudig: Wat jy vir een persoon gee, moet deur ‘n ander verdien word.

Dieselfde geld die ANC en Suid-Afrika as land. Mike Schüssler het die naweek se Sunday Times se Business Times na aanleiding van onlangse navorsing gesê Suid-Afrika se geswelde staatsburokrasie stuur af op ‘n ramp. Hy voer aan dat staatsdienswerkers sonder enige kwalifikasies nou meer as universiteitsprofessors in Duitsland verdien. Hulle verdien ook meer as gekwalifiseerdes in Suid-Afrika se private sektor. Daarbenewens is sowat ‘n derde van die land totaal afhanklik van staatstoelae en het geen vooruitsig om uit die armoede-siklus te ontsnap nie. Hierdie mense stem byna sonder uitsondering vir die ANC omdat hulle ten minste iets kry van die staat af en te bang is om dit te verloor.

Terwyl staatstoelaes sekerlik ‘n edele doel dien omdat dit baie agtergeblewenes se enigste inkomste is, skep dit veel erger politieke en ekonomiese probleme. Baie mense het geen aansporing om ooit te begin werk want hulle is net-net gerieflik. Baie jong vroue wat dalk ‘n blink toekoms kon hê maar nie ouers het wat hulle goeie advies kan gee nie, besluit om eerder ‘n baba op 16 te kry, skool te verlaat en dus ‘n toelaag vir die baba te trek. Die persepsie dat daar ten minste íets vir hulle deur middel van staatstoelaes gedoen word, maak dat hulle die status quo handhaaf en die ANC by die stembus ondersteun. Hul stemme is dus byna uitsluitlik stemme vir sosialisme en herverdeling. Wat hulle nie besef nie, is dat die land ten minste solvent gehou is sedert 1994 deur die ‘n baie getemperde vrye mark en wyse besteding deur Trevor Manuel en Thabo Mbeki. Hulle bestee mense se geld wat in die vrye mark geskep is en stem daarenteen vir ‘n party wat daardie vrye mark op talle maniere aftakel.

Terwyl Suid-Afrika se ongeletterde massas sulke keuses vergewe kan word omdat hulle meestal van die staat afhanklik is en bloot net nie van beter weet nie, was dit ‘n hartseer dag toe die Franse, as ‘n uiters gesofistikeerde ontwikkelde volk, dit nie ingesien het nie. Ek stem heelhuids saam dat besuiniging tog saam met ekonomiese groei in werking gestel moet word om die ekonomie te laat gedy, maar Hollande en die ANC doen nie een van die twee nie. Die gemiddelde Franse persoon gaan nie meer wil verdien nie, want dan belas die staat jou bloot dat jy geen sosiale mobiliteit oor het verby ‘n sekere punt nie. Ek het die Franse verkiesing fyn dopgehou en wyd daaroor gelees en nêrens het Hollande uitgestippel hoe en in watter sektore hy werk wil skep nie. Hy het bloot teenoor die elite uitgevaar en blaam skep nie werk nie en gee desperate mense slegs valse gemoedsrus.

Hollande en die ANC gaan nie onderskeidelik Frankryk, Europa en Suid-Afrika se probleme met hul beleide red nie. “It’s the economy, stupid” word in hierdie gevalle bloot “the stupid economy” met goedgelowiges wat oorreed word dat hulle kan skep sonder ‘n teenprestasie. Groei, as dit gebeur, sal kom ten spyte van hul beleide.

Eugene Brink is navorsingshoof by die N.P. van Wyk Louw Sentrum vir Kulturele Vryheid by die FAK. Hy skryf in hierdie ruimte in sy persoonlike hoedenigheid.

FAK-sangbundel: Afrikaners is (weer) plesierig met FAK-sangbundel!
Die FAK-sangbundel wat duisende Afrikaners reeds vir meer as sewe dekades lank aan die sing het, trek vanjaar ŉ splinternuwe baadjie aan. Hierdie bundel wat as die skatkis van Afrikaanse volksmusiek beskou word, word vanjaar van hoek tot kant nuutgemaak om liedjies wat die afgelope 40 jaar in Afrikaanse musiek geblom het te laat herleef en te laat voortleef vir nog ŉ generasie.

Die nuwe FAK-sangbundel maak plek vir 400 liedjies wat uitgereik is sedert die vorige uitgawe van die bundel in 1979 die lig gesien het. Vanjaar, 2012, is ook die 75ste bestaansjaar van die FAK-sangbundel en juis daarom is besluit om die wonder van Afrikaanse musiek behoorlik te vier met die uitreiking van ŉ nuwe sangbundel.

Waarna kan ek uitsien in die nuwe bundel?

Die bundel sal die volle spektrum van Afrikaanse musiekgenres dek:

Kontemporêre musiek

Luisterliedjies

Volksliedjies

Kinderliedjies

Geestelike liedere

Tradisionele liedjies

Kunsmusiek

Koormusiek

Alles van Ballade vir ŉ enkeling (deur Richard van der Westhuizen) tot De la Rey (deur Bok van Blerk) en Engel (deur Karin Zoid) en die immergewilde Houtkruis ŉ tuiste in hierdie bundel.

Van die gewildste en bekendste werke deur Afrikaanse musieklegendes soos Rina Hugo, Gé Korsten, Chris Chameleon, Steve Hofmeyr, Die Briels, Anton Goosen en Laurika Rauch is in die bundel vervat.

Wat van die FAK-sangbundel soos ons hom geken het?

Die nuwe FAK-sangbundel vervang nie die ou bundel met sy bekende volksliedjies soos Aanstap Rooies, My hartjie, my liefie en Sarie Marais nie. Die nuwe 2012-bundel is eerder daarop gemik om die skatkis van Afrikaanse musiek wat bewaar moet word uit te brei. Dit is daarom nog lank nie die einde van die 1979-bundel nie en dit sal steeds beskikbaar wees by uitgesoekte boekwinkels.

SMS ‘FAK’ na 34388 gevolg deur jou naam, van en kontak nr. om jou nuwe bundel te bestel

Kraal-Uitgewers

Tel: 012 644 4329 of 082 780 9574

Faks: 086 593 2882

E-pos: asteyn@solidariteit.co.za of kraal@solidariteit.co.za

Posadres: Posbus 11469, Centurion, 0046

Brooklyn Teater biedaan: Op my ou ramkietjie
Brooklyn Teater biedaan: Op my ou ramkietjie

Ilze Coetzee (sopraan) & Pierre Malherbe (bariton)

Salon Ensemble

Marié du Buisson (fluit), Carin Janse van Rensburg (viool), Lizet Smith (klarinet),

Wernd van Staden (tjello) Armandt Marais (kontrabas) en Amarillie Ackermann (harp)

Verwerkings programsamestelling en musiekregie: Willem Vogel

Salon Music se geskiedenis met die Afrikaanse Kunslied kom al sedert 2005 toe ons die eerste HEIMWEE produksie in ‘n stampvol Aula aangebied het met Deon van der Walt (tenoor), Antoinette Olivier (sopraan), Anina Wassermann (sopraan) en Hanneli Rupert (mezzo-sopraan). Ons het die daaropvolgende jaar nog ‘n Heimwee aangebied in die Z.K. Matthews Ouditorium (UNISA). Hierdie keer was Philip de Vos aan boord met Albie Louw se treffende toonsettings van die spitsvondige versies wat Philip self voorgesing het. In 2007 het ons ‘n HEIMWEE by die KKNK aangebied en die jaar daarna in Londen. Vir die Londense konsert het ek en my vennoot met behulp van Marlene Verwey (fluit) in Londen ‘n saal gehuur en met my eie verwerkings onder die arm ‘n konsert daar aanmekaar geslaan met S.A kunstenaars wat in Londen woonagtig is: Eric Eloff (sopraan), William Berger (alias Schalk Burger) (bariton) – Gina Beukes (viool), Marlene Verwey (fluit) ens.

Dit was ‘n groot sukses en buiten die Afrikaners in Londen, was dit selfs bygewoon deur Nederlanders, Dene en Swede wat wou hoor hoe die Afrikaanse kunslied klink.

Dit is vir ons nou ‘n genoeë om weer ‘n program van Afrikaanse Kunsliedere aan te pak onder die titel – Op my ou ramkietjie. Hierdie keer word die klavier in die ensemble vervang met ‘n harp.

Vir besprekings kontak Nanda Cloete by 082 371 7029

Of besoek die webwerf www.brooklynteatre.co.za

News Item01
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua. Ut enim ad minim veniam, quis nostrud exercitation ullamco laboris nisi ut aliquip ex ea commodo consequat. Duis aute irure dolor in reprehenderit in voluptate velit esse cillum dolore eu fugiat nulla pariatur. Excepteur sint occaecat cupidatat non proident, sunt in culpa qui officia deserunt mollit anim id est laborum.

News Item02
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua. Ut enim ad minim veniam, quis nostrud exercitation ullamco laboris nisi ut aliquip ex ea commodo consequat. Duis aute irure dolor in reprehenderit in voluptate velit esse cillum dolore eu fugiat nulla pariatur. Excepteur sint occaecat cupidatat non proident, sunt in culpa qui officia deserunt mollit anim id est laborum.

News Item03
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua. Ut enim ad minim veniam, quis nostrud exercitation ullamco laboris nisi ut aliquip ex ea commodo consequat. Duis aute irure dolor in reprehenderit in voluptate velit esse cillum dolore eu fugiat nulla pariatur. Excepteur sint occaecat cupidatat non proident, sunt in culpa qui officia deserunt mollit anim id est laborum.

News Item04
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua. Ut enim ad minim veniam, quis nostrud exercitation ullamco laboris nisi ut aliquip ex ea commodo consequat. Duis aute irure dolor in reprehenderit in voluptate velit esse cillum dolore eu fugiat nulla pariatur. Excepteur sint occaecat cupidatat non proident, sunt in culpa qui officia deserunt mollit anim id est laborum.

NDR Program
U word hartlik uitgenooi na ŉ oop gesprek oor ŉ Teologiese besinning oor die ANC se Nasionaal Demokratiese Rewolusie (NDR).

Plek: Centurion Raadsaal

20 April 2012

Koste R50 pp

Die Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR) het sy ontstaan uit die struggle-era en is algemeen bekend as die ideologiese basis wat die regerende party as politieke vertrekpunt gebruik.  Die afgelope paar jaar word daar al hoe meer vanuit politieke kringe verwys na die belangrikheid van NDR, wat beteken dat die NDR opnuut van uiters groot belang vir die diskoers in Suid-Afrika word.

Aangesien die NDR ŉ direkte impak op elke Suid-Afrikaner het, en gegewe die feit dat ŉ groot aantal landsburgers hulleself as Christene beskou, begin die behoefte ontstaan dat daar ook ŉ Bybelse perspektief op die NDR gegee moet word.

Die FAK, in samewerking met AfriForum, bied op Vrydag 20 April 2012 ŉ geleentheid aan waar leiers uit die burgerlike samelewing en vanuit kerklike geledere hulle onderskeie gedagtes oor hierdie onderwerp kan deel.

09:30   Opening

Dr. Danie Langner (FAK)

09:45   Die NDR: ’n Rekonstruksie, interpretasie en toepassing

Prof. André Duvenhage (NWU)

10:30   Bybelse protes teen die NDR

Ds. Petrus Kriel (NGK-Ring Louis Trichardt)

11:00   Repliek

Prof. Danie Goosen (FAK)

11:30   Oop bespreking

Cornelius Jansen van Rensburg (AfriForum)

12:30   Die pad vorentoe

Dr. Danie Langner (FAK)

12:40   Afsluiting

12:45   Ligte middagete

Bevestig asseblief voor of op 16 April 2012 of u die geleentheid sal bywoon. Stuur gerus ‘n      e-pos of kontak Samantha Muller samantha@fak.org.za of 012 326 8646/ 012 301 1777, om u plek te bespreek.