Gedigtekompetisie

Hoe klink ’n dinamiese gedigtekompetisie wat in skoolverband aangebied kan word. Dié kompetisie word geloods deur die betrokke skool en die FAK. Die kompetisie is oop vir graad 1-  tot graad 12 leerders. Elke graad ontvang hul eie unieke tema. Die tema word gebruik as riglyn vir leerders om hul kreatiwiteit te prikkel.

Die doel van die projek is om Afrikaans te bevorder in skoolverband en dat leerders reeds van ’n jong ouderdom leer om kreatief in hul taal op te tree. Die FAK bied aan die skool die werksvelle waarop leerders hul gedigte kan neerpen. Die FAK bied ook aan die top 2-leerders in elke graad ’n boekeprys, sowel as ’n sertifikaat. Nog ’n bonus is dat die FAK die beoordeling hanteer en dit die werkslading vir die onderwysers ligter maak. Kontak johan@fak.org.za vir meer inligting

error: Content is protected !!