2019 is JOU jaar!

 

Jy het die wêreld aan jou voete en niks of niemand gaan jou nou stop nie. Jy is nou ’n volwassene wat self kan besluit oor wat jy gaan doen en wanneer jy dit gaan doen.

Maar hoe meer jy begin wonder oor wat jy nou eintlik gaan doen as daardie matriekvakansie se ‘tan’ begin ‘fade’, hoe meer besef jy dat die prentjie dalk ’n bietjie anders lyk as wat jy gedink het.

Die FAK het ’n opwindende nuwe program ontwikkel vir skoolverlaters en jongmense tussen die ouderdom van 18 en 21 jaar wat graag meer ondervinding in die wêreld buite klasroosters en eksamens wil opdoen voordat hulle die belangrikste keuses van hul jongmenslewe neem.

Dié program staan bekend as die Horisonjaar en is spesifiek ontwikkel om jongmense binne ’n veilige omgewing bloot te stel aan ’n wye verskeidenheid ervarings wat alles daarop gemik is om hulle volle potensiaal te ontwikkel terwyl hulle dit geniet en nuwe vriende maak. Die program word ondersteun deur verskeie organisasies saam met wie die FAK werk wat onder andere tersiêre instellings insluit soos die NWU, Akademia en Sol-Tech.

Hoekom is Horisonjaar #DieAntwoord?

  1. Leer jouself ken
  2. Ontdek ’n wêreldbeskouing
  3. Gemeenskapsbetrokkenheid, geskiedenis, taal en kultuur
  4. Ontwikkel praktiese lewensvaardighede
  5. Vestig loopbaanontwikkeling
  6. Bou ’n netwerk
  7. Avontuur, adrenalien en ’n móét vir enige geesdriftige

Vinnige antwoorde op ’n paar kernvrae:

  • Wie kan aansoek doen? Jongmense wat tans in matriek is of reeds matriek geslaag het en tussen die ouderdom van 18 en 21 is.
  • Is daar keuring? Ja, daar is slegs plek vir 14 jongmense.
  • Hoe lank duur die program? 10 maande.
  • Waar word dit aangebied? Udolpho, die FAK se Jeugplaas buite Parys langs die Vaalrivier. Daar sal egter verskeie ander plekke besoek word deur die loop van die jaar en selfs ’n toer na Europa.

So, hoekom skryf jy nie in vir die FAK-Horisonjaar in 2019 nie?

Vir meer inligting, klik hier. (Die skakel sal jou herlei na ’n e-boek; neem kennis dat jy deur die boekie kan blaai. Indien jy sukkel, klik hier om ’n pdf-weergawe af te laai.)

Stel jy belang om in te skryf? Los vir ons jou kontakbesonderhede en ons skakel jou!

error: Content is protected !!