JongerenProject

‘Die Jongerenproject (JP) is die grootste en oudste kulturele uitwisselingsprogram tussen Afrikaanse studente van Suid-Afrika en Namibië aan die een kant en studente van België en Nederland aan die ander kant.

Een jaar gaan sowat ‘n dosyn Afrikaanse studente vir vier weke na Nederland en België en die volgende jaar kom daardie lande se studente weer hierheen op besoek.

Die doel is die verbreding van kulturele horisonne, aanknoping op historiese punte, en die bevordering van talige interaksie tussen die bewoners van Nederland en Vlaanderen sowel as Suid-Afrika.

Die organisasie van die Jongerenproject is in Suid-Afrika vanaf 2012 onder beheer van die Stichting voor Afrikaans. In 2012 besoek ‘n groep Nederlandse en Vlaamse studente weer Suid-Afrika.’

Vir meer inligting oor die projek kontak Natasja le Roux by nleroux@fak.org.za

 

Skakel na ons mobiele werf