Die berge waaroor Afrikaners klim
April 2013 Die FAK het oor ’n geruime tyd aanvoorwerk gedoen vir die stigting van ’n eie dinkskrum. Die doel is om, in samewerking met meningsvormers in die media, in akademiese navorsingsentra en in ander Afrikaanse organisasies, oor nasionale en internasionale gebeure te besin, maar spesifiek om indringende vrae te stel oor die toekoms van [...]
Publikasie: Oor die Republikeinse Gedagte
April 2013 Die NP van Wyk Louw-sentrum se publikasie Oor die Republikeinse Gedagte, ’n Oefening in Herinnering deur Danie Goosen het onlangs verskyn. In hierdie artikel word ’n bondige politiek van herinnering met betrekking tot die republikeinse tradisie van Afrikaners beoefen. Die bedoeling daarmee is nie om aan te voer dat Afrikaners in antwoord [...]
Boekbespreking: Die laaste Afrikanerleiers, ‘n Opperste toets van mag. Hermann Giliomee
Deur Wynand Boshoff, historikus | 7 Februarie 2013 | Inleiding Mense dink nie altyd aan geskiedskrywing as ‘n vorm van prosa nie. In werklikheid is dit ‘n baie uitdagende vorm daarvan. Die outeur se eerste primêre taak is om ‘n deel van die verlede betroubaar te herskep. Alle geskiedenis is iemand s’n en ‘n geskiedskrywer [...]
Gratis boek: “Protestants – Vry om te protesteer”
Ontvang hiermee asseblief die gratis elketroniese boek “Protestants – Vry om te protesteer” as geskenk. Hierdie boek van ds. Petrus Kriel van die NG Kerk in Levubu is die vrug van meer as dertig jaar se Bybelstudie oor die inhoud van geloof. Die boek behandel ook die aard van gereformeerde protes en as bylae is [...]
Resensie: Geskiedenis van Suid-Afrika, Van voortye tot vandag
Deur Wynand Boshoff 1. Inleiding Die verskyning in 2012 van die boek Geskiedenis van Suid-Afrika, Van voortye tot vandag, onder redaksie van prof. Fransjohan Pretorius, is ‘n groot gebeurtenis in die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse historiografie. Prof. Pretorius is veral bekend vir sy werk rakende die Anglo-Boereoorlog, waar hy die fokus op die alledaagse belewenis van [...]
Heruitgereik: Boek uit 1924 bevat tydlose waarheid
Die verskyning van ‘n nuwe uitgawe van Irving Babbitt se Democracy and Leadership (aanvanklik in 1924 gepubliseer) is een teken van vele dat belangstelling in hierdie omstrede denker merkwaardig groei. Heelparty akademiese studies oor sy werk is onlangs gepubliseer en nie lank gelede nie is sy Rousseau and Romanticism weer uitgereik. Dis nou die perfekte [...]
Boekresensie: Boek wys op foute met politieke korrektheid
Deur Eugene Brink Die veelheid ideologiese posisies bekend as “politieke korrektheid” hou lank reeds ‘n bedreiging vir die Westerse beskawing in. As ‘n ideologie het dit ‘n sentrale rol gespeel in die oorlog teen die Westerse intellektuele en politieke tradisie. Wanneer dit in die ekonomie geïnkorporeer word, het sy voorstanders betogings teen kapitalisme van stapel [...]
Boek gee eerlike blik op kerkkrisis
deur Eugene Brink is ‘n senior navorser by die FAK se N.P. van Wyk Louw-sentrum. Ek besef dit is ’n vreeslike stelling om te maak, maar daar is waarskynlik min boeke wat so relevant vir die hedendaagse kerk is as die nuwe werk van Ross Douthat, Bad Religion: How We Became a Nation of Heretics [...]
Coming Apart: The State of White America
Resensie: Coming Apart: The State of White America, 1960-2010
Boekresensie: ‘n Omstrede moet-lees vir vandag se konserwatiewes
Deur Eugene Brink James Kalb lewer prikkelende kritiek op die liberalisme in sy nuwe boek, The Tyranny of Liberalism. Hy ontbloot én kap die patologieë van die liberale oorheersing van die politiek en samelewing. Hy vra dat ons eerder terugkyk na tradisies om weer sin van die wêreld te maak. Hy praat hieroor met die [...]















Volg ons