Nuus

Nuus

  • Voortrekkermonument en Erfenisstigting

    Mandjiedanse, elke eerste Vrydag van die maand met orkes van Manie Erasmus (VTM Piekniekterrein – 19h00).  Toegang R120 per paartjie / R70 per persoon. Kontakpersone: Mnr Hennie Coetzee – (012) 326 6770 of mnr Manie Erasmus – 082 445 4136 Antiek- en versamelaarsmarkte op 21 Maart & 16 Junie 2011...

  • Rapportryerbeweging

    Korpse doen jaarliks verskillende projekte volgens die behoefte van die gemeenskap en die aard van die korps ter bevordering van die RRB se doelstellings. Dit word deur die gesinne van korpslede en die algemene publiek  ondersteun en bygewoon. Van die plaaslike projekte is die volgende: Gee donasies vir die...

  • Orania: ’n jaar van wapperende wimpels!

    Op een van die nuwe inligtingsborde in Orania is die mooi leuse gedruk: 1991-2011 Orania, die droom word waar! En daarom is 2011 verklaar tot ’n feesjaar in Orania. Dit is werklik al twintig jaar sedert Orania sy eerste wankelende treetjies op pad na vryheid gegee het en ook...

  • Die Dameskring

    Die Dameskring, ‘n organisasie wat Afrikaanssprekende, Christenvroue toerus om in hulle omgewing ‘n verskil te maak, is opgewonde oor die nuwe jaar se uitdagings. (24) Ons hou elke twee jaar Gebiedskonferensies vir ons verskeie takke in stede en dorpe reg oor die land en hierdie jaar se tema is, Teikenvrou. Tydens...

  • Nuwe Leierskap vir die Afrikanerbond

    Tydens ‘n vergadering van die Nasionale Raad van die Afrikanerbond wat die naweek in Noordwes gehou is,  is mnr Pieter Vorster, ‘n prokureur van Bloemfontein, tot voorsitter van die Afrikanerbond herkies. Mnr Jaco Schoeman, ‘n boer van die Oos-Kaap en sameroeper van die Ad hoc groepering vir die beskerming...

  • Gedagtes oor verteenwoordigheid, demokrasie en homogenisering

    Deur prof. Koos Malan Hierdie artikel ondersoek die implikasies van die toepassing van die beginsel van verteenwoordigendheid, oftewel die beginsel waarvolgens vereis word dat die profiel van die nasionale bevolking van Suid-Afrika in instellings en georganiseerde sfere neerslag moet vind.  Daar word nie beweer dat hierdie beginsel inderdaad reeds...

  • Afrikaner-etos

    Die einde van die eerste dekade van die 21ste eeu was ook die einde van nagenoeg ´n dekade waartydens ´n nuwe kultuurpolitieke beweging onder Afrikaners ontstaan het. In weerwil van die belofte van ´n stabiele, demokratiese Suid-Afrika soos wat in die Grondwet vervat is, het Afrikaners in die afgelope...

  • Afrikaners ontdek hulself

    FAK-Nuusbrief, Maart 2011 Die afgelope jare is daar heelwat tekens dat Afrikaners besig is om hulleself as kultuur-gemeenskap weer opnuut te ontdek. Dink maar aan die bykans eindelose hoeveelheid verwysings onder ons mense na die roemryke weerstand van Afrikaners teen die destydse Britse imperiale moondheid. Die dade van militêre...

  • Van die HUB se lessenaar

    Nuusbrief 2 Ek gebruik graag hierdie spasie van Nuusbrief 2 om te reflekteer oor die eerste vier weke as Hoof Uitvoerende Beampte van die FAK. Ek gee ook graag ’n kyk op dinge wat deur die FAK beplan word vir die res van die jaar. Ek is voorwaar dankbaar...

  • Universiteit Vrystaat Leuse

    Oproep tot Herbesinning Die Leuse van die Universiteit van die Vrystaat Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) doen hiermee ’n beroep op die raad van die Universiteit van die Vrystaat om weer eens te besin oor sy besluit om die leuse van die Universiteit vanaf In Deo Sapientiae Lux...