Kulturele Leierskap
Die Sentrum gaan vanaf Februarie 2013 begin om ‘n diploma in kulturele leierskap vir jong gegradueerdes in die Afrikaanse kulturele sektor aan te bied. Die kursus het ten doel om ‘n nuwe geslag Afrikaanse leiers op te lei in kulturele leierskap en hulle met die vaardighede toe te rus om met nuwe idees en oplossings in talle sfere vorendag te kom.
Die kursus strek oor ‘n jaar waarvan sowat 9 maande aan klasse afgestaan word en 2 maande aan ‘n mini-skripsie oor ‘n onderwerp van die student se keuse. Die klasse sal eenkeer per maand aangebied word en uit ‘n lesing, debate en hersiening bestaan. Die kursus sal ook heelwat verpligte leeswerk insluit en hersiening sal deur middel van debatte in klastyd geskied. Elke lesing sal deur ‘n verskillende kenner oor ‘n bepaalde onderwerp aangebied word. Die kursus sal aanvanklik nie meer as 10 studente akkommodeer nie.
Die deelnemende studente se skripsies sal elke jaar na afloop van die kursus vervat word in ‘n boek, wat dan deur die FAK uitgegee sal word. Die top-3 skripsies sal deur die skrywers by ‘n jaarlikse FAK-beraad gelewer word.













Volg ons