Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Jaco Cilliers

staan aan die hoof van ons nasionale kultuurnetwerkspan.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

  • Mediaverklaring 10 Mei 2024 Dit is nie aldag wat 'n tuisskoolleerder die geleentheid kry op om 'n opvoedkundige skooluitstappie te gaan nie. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het leiding geneem om 'n groep van 19 tuisonderrigleerders, saam met hul ouers, op 'n staptoer te neem om Kaapstad en sy stories te hoor. Volgens [...]

  • Mediaverklaring 3 Mei 2024 Die bekende sanger Stefan Jansen het vandag op ’n baie unieke manier hulde gebring aan die skrywer van een van die mees bekende liedjies in Suid-Afrika se geskiedenis. Vandag, 3 Mei 2024, is dit presies 94 jaar sedert die skrywer van een van Afrikaans se bekendste liefdesliedjies gesterf het. Jansen [...]

  • Dr. Pieter Mulder sê die bekende Boeresoldaat Danie Theron was Suid-Afrika se eie 007. Op 27 April het die FAK Sentraal en verskeie lede van die GGSA Vaal en ander GGSA-takke die Danie Theron-gedenknaald net buite Fochville besoek. Mulder, voormalige Vryheidsfront Plus-leier, het die gaste toegespreek en staaltjies oor Theron gedeel. Die eienaar van die [...]