Een van die mees betekenisvolle datums op die Afrikanerkalender is 31 Mei. Dit is nie net die dag waarop Suid-Afrika eers die Unie en later die Republiek van Suid-Afrika geword het nie, maar ook die datum waarop die Anglo-Boereoorlog in 1902 met die ondertekening van die Vrede van Vereeniging beëindig is. As deel van [...]
Die Erfenisstigting (ES), die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en Sentraal Vaal-kultuursake het op Sondag 31 Mei die jaarlikse Vrede van Vereeniging-toer aangebied om die 124ste herdenking van die Vrede van Vereeniging te gedenk. Die toer het deelnemers op ’n historiese reis na betekenisvolle erfenisterreine geneem wat diep verweef is met die geskiedenis van [...]
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) spreek sy ernstige kommer uit oor die voortgesette verval van die historiese konsentrasiekampkerkhof in Belfast, Mpumalanga. Hierdie terrein, wat as ’n laaste rusplek dien vir slagoffers van die Anglo-Boereoorlog, verkeer tans in ’n toestand van verwaarlosing wat nie versoenbaar is met die waardigheid en historiese betekenis daarvan nie. [...]
Die opening van ’n geskiedkundige gedenksaal by Laerskool M.L. Fick in Potchefstroom op 21 Mei was ’n besondere geleentheid waartydens die skool se ryk geskiedenis, sterk gemeenskapsgees en waardering vir erfenis op luisterryke wyse gevier is. Leerders, personeel, oudleerders en gemeenskapslede het die geleentheid bygewoon. Die FAK se kultuurorganiseerder vir die sentrale streek, Lieandri [...]
Fynproewers kan hul feesvere regskud vir ’n kultuurbelewenis soos min tydens die FAK se heel eerste Kaapse Kultuurnaweek. Dié fees, wat op 19 en 20 Junie op die skilderagtige Montpellier Wynlandgoed in Tulbach plaasvind, beloof om ’n hoogtepunt op die Afrikaanse teater- en musiekkalender te wees. Die Kultuurnaweek bou voort op die FAK se [...]
Die FAK-Skryf’it-liedjieskryfkompetisie spog ’n indrukwekkende totaal van 1 091 nuwe liedjies wat vir dié kompetisie ingeskryf is. Dit is dubbel soveel as verlede jaar en bevestig dat die behoefte aan ’n platform vir nuwe Afrikaanse liedjieskrywers groter as ooit is. Met die die eerste beoordelingsronde wat dié maand plaasvind, word die FAK se kundige [...]
MediaverklaringsWebmeester2023-04-27T19:54:05+02:00
