Musiekbeurs
Die FAK gee jaarliks erkenning aan begaafde studente wat op hierdie vakgebied presteer. Die sluitingsdatum vir alle beurse is 31 Januarie 2013. Aansoekvorms is op aanvraag by die FAK-kantoor beskikbaar (Mev Sarie Marais – sariem@fak.org.za of 012 301 1777).
FAK/Mimi Coertse Sangbeurs
‘n Nuwe toevoeging tot die FAK Musiekbeurse is die FAK/Mimi Coertse Sangbeurs wat in 2006 vir die eerste keer toegeken sal word. Me Coertse het hierdie beurs in die lewe geroep met die doel om sangstudente tussen die ouderdomme 18 tot 25 (nie professionele persone nie) in staat te stel om hulle sangtalent verder te ontgin.
Gawie Cillié/FAK Junior Musiekbeurs
Die beurs (slegs 1 per jaar) bestaan uit ´n kontantbedrag van R2000 en ´n sertifikaat. Hierdie beurs word toegeken aan Laerskoolleerders.
Gawie Cillié/FAK Hoërskool Musiekbeurs
Die beurs (slegs 1) bestaan uit ´n kontantbedrag van R2000 en ´n sertifikaat. Hierdie beurs word toegeken aan Hoërskoolleerders
FAK Senior Musiekbeurs
Die beurs (slegs 1) bestaanuit ´n kontantbedrag van R8000, toegekenaan ´n begaafdemusiekstudentwat die Unisa-eksamens met suksesgeslaag het en reeds besig is met graadstudie in Musiek.
FAK/UV Musiekbeurs
Twee beurse ten bedrae van R2000 elk. Die beurse word uitbetaalnabewys van studenteregistrasie by UniversiteitVrystaat.
FAK/Stellenbosch Musiekbeurs
Twee beurse ten bedrae van R4000 elk. Die beurse word uitbetaalnabewys van studenteregistrasie by Stellenbosch Universiteit.















Volg ons