FAK Taal

FAK Skole-Ekspo

Jenna Dunster FAK Skole-ekspo

Die Afrikaanse Internasionale Skole-Ekspo is ’n opwindende elektroniese skole-kompetisie wat jaarliks vir leerders en onderwysers regoor die wêreld verskeie uitdagings bied. Die Afrikaanse Internasionale Skole-Ekspo fokus veral op leerders se kreatiewe hantering van Afrikaans. So word Afrikaans by die jeug op ’n kreatiewe en positiewe wyse bevorder. Skole word aangemoedig om die leerders deur die skool te laat deelneem, maar individuele leerders se inskrywings sal nie weggewys word nie.

Baie geluk aan al die wenners van die Afrikaanse Internasionale Skole-Ekspo 2016! Sien die wenners hier.

Tema 2017: Protes

Meer inligting is beskikbaar vanaf Maart 2017

 

 

Sangbundel

Wag, wag juffrou, nie so gou-gou, ’k sê mos nou, ’k kan g’n noot hou!

Al sing jy suiwer, al sing jy vals, solank jy jou stembande in Afrikaans kan lig. Daar is ’n FAK Sangbundel in elke sangklas. Sing weer ons Afrikaanse volksmusiek en kry hoendervleis vir die klanke van regte musiek.

FAK Sangbundel VOL 2

FAK Sangbundel Vol 1
FAK Sangbundel Vol 2

Die Elektroniese FAK Sangbundel

luister_aanlyn_icon
Luister gerus hoe klink ou bekende – en soms vergete – FAK-liedjies, dit maak nie saak waar jy is nie!

 

SP

Plakkaatreekse

FAK plakkaatreeksJou mure verdien ’n bietjie kleur. Die FAK ontwikkel moderne plakkate vir die klaskamer, van Afrikanergeskiedenis tot kleurvol in Afrikaans. By geskiedenis is daar plakkate oor belangrike gebeurtenisse soos die Groot Trek en die Anglo-Boereoorlog; belangrike persone soos Koos de la Rey en Emily Hobhouse. Vir die Afrikaanse klas is daar onder andere plakkate van bekende gedigte en digters. Hierdie plakkate is gratis beskikbaar vir onderwysers en vriende van die FAK. Indien jy belangstel is jy welkom om ons te kontak by fak@fak.org.za.

Wisseltrofee

FAK wisseltrofeeDaar is maar altyd daai een uitblinker. Hy ken sy geskiedenisfeite op die punte van sy vingers en sy grootste kompetisie is sy niggie wat elke aand twee boeke lees. Die FAK bied gratis wisseltrofees en boekpryse vir Afrikaans en Geskiedenis aan skole wat aansoek doen. Indien jy belangstel is jy welkom om ons te kontak by fak@fak.org.za.

Dankie Juffrou

FAK ProjekteOns het almal daardie een onderwyser wat ’n verskil gemaak het in ons skoolloopbaan. Onthou jy nog hoe jou Graad 1-juffrou jou op jou eerste dag gerus gestel het? Of hoe jou Wetenskap-meneer vir jou ’n nuwe wêreld oopgemaak het met kennis? Of hoe jou kunsjuffrou jou toegelaat het om te droom?

Die FAK bied vir jou die geleentheid om erkenning te gee aan dié onderwyser wat vir jou ’n rolmodel is. Laat weet ons hoekom jou onderwyser die beste in haar/sy veld is en maak ’n plan om haar/hom te vereer.

Projek Oppie Lippe

FAK oppie lippe projekProjek Oppie Lippe is ’n dinamiese gedigtekompetisie wat in skoolverband aangebied word. Dié kompetisie word geloods deur die betrokke skool en die FAK. Die kompetisie is oop vir graad 1- 12 leerders. Elke graad ontvang hul eie unieke tema. Die tema word gebruik as riglyn vir leerders om hul kreatiwiteit te prikkel.

Die doel van die projek is om Afrikaans te bevorder in skoolverband en dat leerders reeds van ’n jong ouderdom leer om kreatief in hul taal op te tree. Die FAK bied aan die skool die werksvelle waarop leerders hul gedigte kan neerpen. Die FAK bied ook aan die top 2-leerders in elke graad ’n boekeprys, sowel as ’n sertifikaat. Nog ’n bonus is dat die FAK die beoordeling hanteer en dit die werkslading vir die onderwysers ligter maak.

Wenners

Werkswinkels

FAK werkswinkelsOns verstaan dat onderwysers se programme oorlaai is en dat daar nie altyd nog tyd is om ‘n werkswinkel by te woon nie, maar die FAK bied werkswinkels aan wat inlyn is met die kurrikulum vir die Afrikaanse en Geskiedenisklaskamer. Tydens die werkswinkels ontvang jy gratis hulpmiddels soos lesplanne, plakkate publikasies ens. Dus spaar ons jou tyd sodat jy rustig kan sit en ontspan. Hou ons bladsy dop vir ‘n werkswinkel in jou omgewing of maak met ons kontak om so ‘n werkswinkel aan te bied.

Die volgende werkswinkels word in jou omgewing aangebied:

Volksgeneeskundekonferensie
Augustus 2016, Pretoria

 

MP

Feeste

FAK_feesteDaar is niks so lekker soos om in jou taal te kuier, musiek te luister en fees te vier nie. Kom kuier saam op 19 en 20 Augustus 2016 by die FAK Sangfees in Pretoria by die Voortrekkermonument saam met van die grootste kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf. Hoogtepunte behels die optredes van laerskoolkore saam met kunstenaars soos Jay, Lianie May, Die Heuwels Fantasties en nog vele meer!

In Maart het ons gekuier in Amsterdam by die Festival voor het Afrikaans. Ons belowe egter nog ‘n hoogtepunt vir jou kalender. Die FAK is ook ‘n trotse vennoot van die glansryke Afri-Duetfees wat jaarliks by Unisa aangebied word.

Afrikaanse volksmusiek CD

VolksmusiekDie FAK Sangbundel is sedert 1937 sinoniem met die ontwikkeling van ons Afrikaanse musiekerfenis. Met hierdie CD vier ons Afrikaanse volksmusiek wat oor dekades deel geword het van ons kultuurskat.

Die eerste deel van die album is saamgestel uit saamsing Afrikaanse volksliedjies uit verskeie FAK-bundels. Hier kan jy liedjies hoor onder andere soos “Oukraalliedjie” (Gerhard Steyn), “Ver in die ou Kalahari” (Richard van der Westerhuizen) en die warm rock weergawe van “Blinkvosperd” deur Beeskraal.

Die tweede deel volksliedere is ‘n keuse van liedere uit die Volk en Vaderland-rubriek van die 1979-FAK-Sangbundel. Hier is gewis van die mooiste weergawes van ou skatte soos “Lied van Jong Suid-Afrika” gesing deur Chris Chameleon en die Afrikaanse Hoër Seunskool A-minere asook Corlea Botha se hoendervleis weergawe van “Uit die chaos van onse eeue”. Ook hier kan jy die Transvaalse sowel as die Vrystaaste volkliedere hoor in hulle oorspronklike Hollands.

Die derde deel skemerliedere bestaan uit ou bekende geestelike liedere waarvan sommige op die ou tradisionele voortrekkerwysies gesing word. Hier word die “Magalieseburgse Aandlied” vertolk deur Steyn de Wet wat sekerlik een van die beste solo studio-opnames is in die afgelope paar jaar op tuisbodem.

Die “Sporelied” is die enigste oorspronklike lied op die album wat ook die enkelsnit is. Die lied is geskryf deur Jak de Priester vir die herdenking van die Voortrekkers se 85ste bestaansjaar. Die lied is reeds ‘n treffer op verskeie radiostasies. Die lied is in so mate vertolk dat dit groot kommersiële waarde het en gewis een van die treffers van 2016 gaan wees .Die album is opgeneem deur Beeskraal en is vervaardig deur Tersius Human (VPH Studios) en Charlie Smidt (Beeskraal).

50 Gewildste Afrikaanse Treffers

50Jy het grootgeword met die liedjies op die draadloos en jy sing vandag nog kliphard saam wanneer jy een van die treffers hoor. Die FAK stel ‘n bundel saam van die grootste Afrikaanse musiektreffers soos:

  • Oukraalliedjie – Sias en Gert
  • Ou Ryperd – Dana Nieuhaus
  • Sarais Marais – Tradisioneel
  • Suikerbossie – Tradisioneel
  • Blinkvosperd – Tradisioneel
  • Soos Bloed – Theuns Jordaan
  • Tussen Treine – Richard en Lochner
  • Jantjie – Sonja Herold
  • Kinders van die wind – Koos du Plessis
  • Grasade – Dozi
  • Pampoen – Steve Hofmeyer
  • Liefling – Gé Korsten
  • Neem my op vlerke – Annalie van Rooyen
  • Reik na sterre – Bles Bridges
  • Ruiter van die Windjie – Bles Bridges
  • Silwer de Lange – Anton Goosen
  • Blommetjie Gedenk aan my – Anton Goosen
  • Boy van die Suburbs – Anton Goosen
  • Stap saam – Anton Goosen
  • Dis ‘n land – Karike Keuzenkamp
  • Heidi – Karike Keuzenkamp
  • De la Rey – Bok van Blerk
  • Plaasdorp – Beeskraal
  • Duisend Ure – Beeskraal
  • Spieëljie – Bobby van Jaarsveld
  • Dans – Riana Nel
  • Liewe Lulu – Blackie Swart
  • Deur die Straights – Hugo
  • Op Blouberg se Strand – Laurika Rauch
  • Agter elke man – Steve Hofmyer
  • Lied van die lewe – Gé Korsten
  • Karolis – Francois Hyes
  • Annemari – Gerrie Pretorius
  • Skipskop – David Kramer
  • Sprokie vir‘n stadkind – Koos du Plessis
  • Transkaroo – Willem Strauss
  • Lisa se Klavier – Koos Kombuis
  • Sonvanger – Valiant Swart
  • Vier Seisoene Kind – Gian Groen
  • Storm – Abel Kraamsaal
  • Ai my Lam – Ryno Velvet
  • Houtkruis – Jan de Wet
  • Groete aan Mannetjies Roux – Laurika Rauch
  • Groentrui – Jan Blohm
  • Sit dit  Af – Johannes Kerkorrel
  • Al lê die berge nog so Blou – Tradisioneel
  • Voshaarnooi – Louis van Rensburg
  • Beautiful in Beaufort Wes – Gert Vlok Nel
  • Sproeitjies – Sias en Gert
  • Geen Pretnsie geen Beheer – Karen Zoid en Francois van Coke

 

FAK musiekfeeste

Afri-Duetfees

Kom haal asem in Afrikaans by die Afri-Duetfees.

Kliek hier vir meer inligting.

Kaboom feesKaboem Fees

Kom sing jou gunsteling FAK-liedjies saam met Steve Hofmeyr by die Kaboem Fees.

Kliek hier vir meer inligting.

AL

Aan die voet van ons Voortrekkererfenis en trotse Monument, lê die Afrikaanse Liedjietuin tussen lowergroen bome en pragtige natuurskoon. Stap hand aan hand deur die asemrowende rose en word sag getroebadoer deur die kabbel-kabbel van ‘n verdwaalde stroompie. Neurie of sing saam die woorde van merkwaardige Afrikaanse treffers vasgevang in granietblaaie regdeur die Afrikaanse Liedjietuin, en word nostalgies weggevoer na jou eie kinderdae van jonk en vry wees.

Ontsnap na die Afrikaanse Liedjietuin vir ‘n rustige en ontspannende piekniek saam met mense na aan jou of bespreek die lapa vir ‘n lekker braai saam met goeie vriende. Vir enige kinderpartytjies, tuinfunksies, tuintroues, klein opelugvertonings, damestees, kombuistees of eindjaarfunksies is die Afrikaanse Liedjietuin jou keuse van bespreking. Bespreek nou teen ‘n baie billike prys. Vriende van die FAK bespreek teen ‘n verlaagde tarief! Die tuin waar jy jou eie spyseniering, dekor, program, speletjies, vermaak en idees kan uitoefen!

Bespreek die liedjietuin
Perfek vir: Tuintroues, Konserte, Damestees en Skemerkelkies

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

 

uj

Kies uit die volgende verblyfopsies:

  • Een van sewe chalets wat ten volle toegerus is vir vyf besoekers met breekware, beddegoed, elektriese en elektroniese ware.
  • Die gastehuis wat ten volle toegerus is vir agt besoekers met breekware, beddegoed, elektriese en elektroniese ware.
  • Een van twee oornagwoonstelle – ideaal vir een aand se rus. Toegerus vir twee of drie gaste.
  • Daar is twee slaapsale, elk met 16 beddens en ’n groot saal om groepe te akkommodeer.

’n Volledig toegeruste kombuis en eetsaal is beskikbaar en indien versoek, is spyseniering vir groepe ook beskikbaar.

FAK Udolpho Jeugplaas FAK Udolpho Jeugplaas FAK Udolpho Jeugplaas FAK Udolpho Jeugplaas

 

Daar is lekker vermaak vir die hele gesin:

  • ’n Groot swembad
  • Minigolf
  • Vlugbalbaan
  • Springmat
  • Piekniekterrein
  • ’n 4 km-rivieroewer

Daar is ook verskeie aktiwiteite en vermaak in die omgewing:

  • Wild Waters
  • Die Bier Brouery
  • Bessieplaas
  • Leeupark

Kontak ons

Trudie Stevens (Bestuurder Udopho Jeugplaas)
E-pos: udolpho@fak.org.za

 


Afrikaansdotcom-icon

Afrikaans

Kom wys ons hoe lyk jou Afrikaans!
Kliek hier vir meer inligting.

FAK Kultuur

 

KK

MARTHINUS VAN BART, Redakteur van KultuurKroniek, is ’n joernalis-skrywer oor kultuurgeskiedenis met meer as 40 jaar ervaring van die joernalistiek. Hy was van Januarie 1976 tot Marthinus-van-Barteinde November 2013 verbonde aan Die Burger in Kaapstad as senior spesialisskrywer en redakteur van erfenissake en het na sy aftrede hom by die FAK as Afrikaanse kultuurskrywer aangesluit.

Sy loopbaan het in 1967 as aanbiedingsassistent by die SAUK begin. Ná sy diensplig in die SA Vloot in 1968, het hy akademiese opleiding ontvang aan die Randse Afrikaanse Universiteit [BA Geesteswetenskappe] en die Universiteit Stellenbosch [BA (Hons.) Filosofie en die Hoër Onderwysdiploma]. Hy is ’n lid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Lees meer

 

kd

Bly op hoogte met jou nuutste kultuurnuus en gebeure! Kliek hier om die kalender in volle wydte te sien.


So Ma Di Wo Do Vr Sa
1



Korreltjie Kantel



Korreltjie Kantel
@ Die Boer

Mar 1 all-day

Korreltjie Kantel @ Die Boer | Cape Town | Western Cape | Suid-Afrika

CD Bekendstelling Korreltjie Kantel: Hierdie pragtige produksie is geskep in opdrag van die Woordfees en die Musiek is geinspireer deur die liefdesverhouding tussen Ingrid Jonker en André P Brink. Drie uitstekende musikante in die vorm van Luna Paige, Nick Turner en Jamie Jupiter hanteer hierdie onderwep met die passie en[...]



Radio Kalahari Orkes CD Launch



Radio Kalahari Orkes CD Launch
@ Atterbury Teater

Mar 1 all-day

Radio Kalahari Orkes CD Launch @ Atterbury Teater | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

RADIO KALAHARI ORKES Stel Nuwe Album Vry – MAMBA! RADIO KALAHARI ORKES het ’n splinternuwe album met die naam MAMBA! vrygestel – hul eerste amptelike album in 5 jaar. Die album is oor die laaste paar jare geskryf en opgeneem deur Dan Roberts by StoepStudios in Johannesburg. RADIO KALAHARI ORKES[...]
2



Broers



Broers
@ Die Boer

Mar 2 all-day

Broers @ Die Boer | Cape Town | Western Cape | Suid-Afrika

Broers is bekend vir hul ritmiese musiek gepaardgaande met harmonieuse melodieë en ‘n energieke verhoogaanbieding. Die nuwe album is dan ook op hierdie beginsels geskoei. 14 Oorspronklike liedjies uit die pen van die Broers self, asook Viljoen Retief en ‘n verrassende bydrae deur die bekroonde liedjieskrywer, Wouter van de Venter.[...]
3



Spoegwolf



Spoegwolf
@ Die Boer

Mar 3 all-day

Spoegwolf @ Die Boer | Cape Town | Western Cape | Suid-Afrika

Ek het saam met my broers geloop tot op die verste, verste punt. Danie du Toit – vocals, kitaar, mondfluitjie, songs Chris von Wielligh –  kitaar, klavier, orrel, vocals, digitale klanke, verwerking, opname, produksie Moskou du Toit – tromme, verwerking, vocals, algemene percussion en houding Albert van der Merwe – baskitaar, stem, verwerking, kitaar, rap



Woordfees



Woordfees
@ Universiteit van Stellenbosch

Mar 3 – Mar 12 all-day

Woordfees @ Universiteit van Stellenbosch | Stellenbosch | Western Cape | Suid-Afrika

 
4



DJ Ossewa



DJ Ossewa
@ Musiekskuur

Mar 4 all-day

DJ Ossewa @ Musiekskuur | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

DJ  Ossewa  kry  dit  reg  om  keer  op  keer  oud  en  jonk  te  vermaak.  Hulle  het  sowaar  ‘n  unieke  gawe  om  ‘n   gehoor  te  lees  en  sy  vertonings  en  grappies  aan  te  pas  sodat  almal  dit  geniet.  Of  hulle  nou  op  ‘n  verhoog   voor  10  000  mense  staan,[...]



The Most Beautiful Love Songs (Corlea Botha en Jannie Moolman)



The Most Beautiful Love Songs (Corlea Botha en Jannie Moolman)
@ Atterbury Teater

Mar 4 all-day

The Most Beautiful Love Songs (Corlea Botha en Jannie Moolman) @ Atterbury Teater | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

Klassieke styl, sjarme in oorvloed, ‘n tikkie humor, en hemelse stemme – so ken ons die gewilde Jannie en Corlea. Na die sukses van hulle eerste toer en album, Alle Paaie lei Na Rome, is die gewilde solo kunstenaars terug met ‘n nuwe projek op publieke aanvraag! Van die “crooning”[...]
5



LIEFLINGE met Rudi Claase en Charne Hugo



LIEFLINGE met Rudi Claase en Charne Hugo
@ Die Boer

Mar 5 all-day

LIEFLINGE met Rudi Claase en Charne Hugo @ Die Boer | Cape Town | Western Cape | Suid-Afrika

RUDI CLAASE EN CHARNÉ HUGO – ASEMROWEND: DIE NUWE “LIEFLINGE” TREFFER-ALBUM Musiek wat jou asem sal wegslaan Hoendervleismooi is die perfekte woord om Rudi Claase en sy splinternuwe sangmaat, Charné Hugo, se eerste CD op te som. Die dubbel-album, Asemrowend, bou voort op die unieke klank en styl wat so[...]
6
7
8
9
10



Albert de Wet



Albert de Wet
@ Tarentaal Teater

Mar 10 all-day

Albert de Wet @ Tarentaal Teater | Rustenburg | North West | Suid-Afrika

Albert is ’n gebore Pretorianer. Hy het ligte musiek by die Tshwane Universiteit van Tegnologie studeer en was ’n finalis in die RSG groentjie-kategorie van die 2005 GMTs (voorheen bekend as die Geraas Musiek Toekennings). Na tien jaar in die Afrikaanse musiek bedryf het Albert hom gevestig as ‘n naam[...]



Laurika Rauch met Loki Rothman: Blou



Laurika Rauch met Loki Rothman: Blou
@ Spier Amfiteater

Mar 10 all-day

Laurika Rauch met Loki Rothman: Blou @ Spier Amfiteater | Stellenbosch | Suid-Afrika

 
11



Bonjour Monsieur Brel



Bonjour Monsieur Brel
@ William Humphreys Art Gallery

Mar 11 all-day

Bonjour Monsieur Brel @ William Humphreys Art Gallery | Kimberley | Northern Cape | Suid-Afrika

Die sanger, Jannie du Toit, se Brel-vertoning



Durbanville Plaasfees



Durbanville Plaasfees
@ Diemersdal Wynlandgoed

Mar 11 all-day

Durbanville Plaasfees @ Diemersdal Wynlandgoed

Pure plaasplesier! Op 11 Maart word die plaashekke oopgegooi vir die tiende Durbanville Plaasfees aangebied op die Diemersdal wynlandgoed. Die feestelike geleentheid dien as fondsinsamelingsgeleentheid ten bate van gemeenskapsontwikkeling in die groter Durbanville-omgewing. Bring die kinders en geniet die smake, geure en pret van `n plaaswerf: roofvoel- en slangvertonings, heilsame[...]
13



So Ry Miss Daisy



So Ry Miss Daisy
@ Fugard Theatre

Mar 13 all-day

So Ry Miss Daisy @ Fugard Theatre | Kaapstad | Western Cape | Suid-Afrika

Die bekroonde teaterstuk en latere film Driving Miss Daisy in Afrikaans met SA se twee groot teatergeeste in die hoofrolle. Sandra Prinsloo en John Kani smee vir die eerste keer kragte saam na die opspraakwekkende The Island en dis weer vuurwerke! Die bejaarde Daisy is aanvanklik onwillig wanneer haar seun[...]
14
15



Duncan Faure



Duncan Faure
@ Atterbury Teater

Mar 15 all-day

Duncan Faure @ Atterbury Teater | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

Duncan Faure het internasionale status bereik toe hy in 1975 by die Suid-Afrikaanse groep RABBIT aangesluit het. Hy het verseker sy stempel afgedruk in sy loopbaan wat al oor 4 dekades strek. Deur al die veranderinge wat hy moes deurmaak, lewer hy nog steeds ‘n egte klank en weier om[...]



HOND deur Frank Opperman



HOND deur Frank Opperman
@ Die Blou Hond - Casa Toscana

Mar 15 all-day

HOND deur Frank Opperman @ Die Blou Hond - Casa Toscana | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

 



Korreltjie Kantel



Korreltjie Kantel
@ Musiekskuur

Mar 15 all-day

Korreltjie Kantel @ Musiekskuur | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

Na ‘n suksesvolle debuut op RSG se Radio Kunstefees en optredes by Woordfees en KKNK (2016), word die musiekteaterproduksie Korreltjie Kantel, verder verwerk vir die verhoog. RSG en Iluminar Produksies span kragte saam vir die opname en bekendstelling van die nuut-verwerkte Korreltjie Kantel in 2017. Verwag nuwe musikale toevoegings tot[...]
16



#SARIEfees met Zelda & Johrne



#SARIEfees met Zelda & Johrne
@ Atterbury Teater

Mar 16 all-day

#SARIEfees met Zelda & Johrne @ Atterbury Teater | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

Zelda le Grange sê “Verandering begin by onsself”. Negentien jaar lank was sy Nelson Mandela se regterhand. Sy het hom op reise vergesel, was sy woordvoerder en vertroueling. Haar titel was eenvoudig: persoonlike assistent. Hy was een van die grootste politieke figure in die nuwe millennium. Maar vir haar net[...]



Joshua na die Reën



Joshua na die Reën
@ Innie Skuur

Mar 16 all-day

Joshua na die Reën @ Innie Skuur | Bloemfontein | Free State | Suid-Afrika

 



Korreltjie Kantel



Korreltjie Kantel
@ Musiekskuur

Mar 16 all-day

Korreltjie Kantel @ Musiekskuur | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

Na ‘n suksesvolle debuut op RSG se Radio Kunstefees en optredes by Woordfees en KKNK (2016), word die musiekteaterproduksie Korreltjie Kantel, verder verwerk vir die verhoog. RSG en Iluminar Produksies span kragte saam vir die opname en bekendstelling van die nuut-verwerkte Korreltjie Kantel in 2017. Verwag nuwe musikale toevoegings tot[...]
17



Joshua na die Reën



Joshua na die Reën
@ Innie Skuur

Mar 17 all-day

Joshua na die Reën @ Innie Skuur | Bloemfontein | Free State | Suid-Afrika

 



Wakkerstroom Musiekfees



Wakkerstroom Musiekfees
@ Wakkerstroom

Mar 17 – Mar 21 all-day

Wakkerstroom Musiekfees @ Wakkerstroom | Wakkerstroom | Mpumalanga | Suid-Afrika

Klassieke musiek en kuns vir 5 dae lank!
18



Coenie De Villiers, Hemelbesem en Yoma



Coenie De Villiers, Hemelbesem en Yoma
@ Tuinteater, Taalmonument

Mar 18 all-day

Coenie De Villiers, Hemelbesem en Yoma @ Tuinteater, Taalmonument

‘n Piekniekkonsert met drie van Suid-Afrika se gewilde kunstenaars, Coenie de Villiers, Hemelbesem en Yoma, in die Tuinteater op die Taalmonument se grasperk. Bring jou eie piekniekmandjie of bestel by tel. 021 863 2800.
19



Drie van die Bestes



Drie van die Bestes
@ Atterbury Teater

Mar 19 all-day

Drie van die Bestes @ Atterbury Teater | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

Die “Drie van die Bestes” naamlik Mathys Roets, Danie Niehaus en Kevin Leo is terug op groot publieke aanvraag by Atterbury Teater. Hierdie drie veterane vermaak gehore al vir meer as 10 jaar met wonderlike humor en musiek. Bespreek nou, want hulle is slegs hier weer vir een optrede! Mathys[...]
20



Nataniël Herfskombuis



Nataniël Herfskombuis
@ Atterbury Teater

Mar 20 all-day

Nataniël Herfskombuis @ Atterbury Teater | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

Moeg vir dieselfde ou verbeeldinglose kos? Nie meer lus om ure agter die potte te staan nie? Nataniël se Winterkombuis is nét die ding om jou te inspireer! Tydens hierdie unieke kook-en-kletsgeleenthede staan hy letterlik op die verhoog en demonstreer vinnige, eenvoudige dog smullekker geregte, terwyl hy die een spontane[...]
21
22



Lizz Meiring – Geheime taal



Lizz Meiring – Geheime taal
@ Centurion Teater

Mar 22 all-day

Lizz Meiring - Geheime taal @ Centurion Teater | Centurion | Gauteng | Suid-Afrika

‘n Splinternuwe komiese en meer ernstige solostuk geskryf en gespeel deur Lizz Meiring. Geheime taal handel oor die taal van blomme, ‘n beduiwelde bloemiste en ‘n geheim wat net nie op die lappe moet kom die. Freda is ‘n 50 plus oujongnooi bloemiste met ‘n klein besigheid. ‘n Muwwerige klein[...]
23



Lizz Meiring – Geheime taal



Lizz Meiring – Geheime taal
@ Centurion Teater

Mar 23 all-day

Lizz Meiring - Geheime taal @ Centurion Teater | Centurion | Gauteng | Suid-Afrika

‘n Splinternuwe komiese en meer ernstige solostuk geskryf en gespeel deur Lizz Meiring. Geheime taal handel oor die taal van blomme, ‘n beduiwelde bloemiste en ‘n geheim wat net nie op die lappe moet kom die. Freda is ‘n 50 plus oujongnooi bloemiste met ‘n klein besigheid. ‘n Muwwerige klein[...]
24



Bok van Blerk



Bok van Blerk
@ Carousel, Cheyenne Saloon

Mar 24 all-day

Bok van Blerk @ Carousel, Cheyenne Saloon

Gebore op 30 Maart 1978 in Pretoria, het hy na skool Boukunde en Konstruksiebestuur gestudeer voordat hy vir sewe jaar lank in die boubedryf gewerk het. Maar die passie om musiek te maak het hom voortdurend daaraan herinner dat hy iets anders wil doen en teen 2005, het Bok bouwerk[...]



Juanita du Plessis



Juanita du Plessis
@ Kovsie Studentekerk

Mar 24 all-day

Juanita du Plessis @ Kovsie Studentekerk

 



Kaleidoskoop



Kaleidoskoop
@ Atterbury Teater

Mar 24 all-day

Kaleidoskoop @ Atterbury Teater | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

Ná hul vorige oorspronklike album Vars Uitgekerf – wat in 2012 as beste kontemporêre album by die Tempo toekennings aangewys is – is Kaleidoskoop na vier jaar terug met ‘n splinternuwe oorspronklike album genaamd Gunsteling Seisoen. Soos oudergewoonte kan jy die magiese atmosfeer van Kaleidoskoop se lewendige vertonings te wagte[...]



Nicholis Louw – “Elvis Presley”



Nicholis Louw – “Elvis Presley”
@ Tarentaal Teater

Mar 24 all-day

Nicholis Louw - "Elvis Presley" @ Tarentaal Teater

 
25



Afrikaans Karnaval



Afrikaans Karnaval
@ Carnival City, Big Top Arena

Mar 25 all-day

Afrikaans Karnaval @ Carnival City, Big Top Arena

Kom geniet `n aand saam met Riana Nel, Dewald Wasserfall, Karlien Van Jaarsveld, Tripple 3, Liani May, Charlize Berg, Adam, Vernon Barnard, Manro van der Merwe en Irene Louis van Wyk. Dis een aand wat jy nie wil misloop nie.



Elvis Blue



Elvis Blue
@ Eden Place George

Mar 25 all-day

Elvis Blue @ Eden Place George | Western Cape | Suid-Afrika

Vang Elvis Blue in sy tuisdorp in 2017! Elvis Blue word geag as een van SA se mees gewildste en besigste musikante. Met sy outentieke dog charismatiese styl vermaak hy gehore met ‘n mengsel van bekende treffers en nuwe musiek. Met komiese en dikwels nostalgiese stories en vertellinge waar Elvis[...]



Sonskynfees



Sonskynfees
@ Hillcrest Estate

Mar 25 all-day

Sonskynfees @ Hillcrest Estate | Cape Town | Western Cape | Suid-Afrika

Sonskynfees ten bate van die Alta du Toit Nasorgsentrum in Bellville
26



LEAH



LEAH
@ Musiekskuur

Mar 26 all-day

LEAH @ Musiekskuur | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

Jy het haar leer ken as Juffrou De Bruyn in die gewilde Afrikaanse rolprent, As Jy Sing saam met Bobby van Jaarsveld en vandag word Leah beskou as een van die top vroulike kunstenaars in die land. Die veelsydige sangeres en aktriese gaan oud en jonk bederf met bekende snitte[...]
27



Blomtrein (Jan Blohm en Neil Nachtrein)



Blomtrein (Jan Blohm en Neil Nachtrein)
@ Atterbury Teater

Mar 27 all-day

Blomtrein (Jan Blohm en Neil Nachtrein) @ Atterbury Teater | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

Blomtrein stel in September 2016 hul debuut album bekend. Die album bestaan uit 10 akoestiese rock snitte, alles oorspronklike musiek en lirieke deur Jan Blohm en Neil Nachtrein.  Dit is eg Jan Blohm styl, maar ook uniek en besonders met die toevoeging van Neil Nachtrein.  Die album is opgeneem te[...]
28
29



Jennifer Zamudio



Jennifer Zamudio
@ Innie Skuur

Mar 29 all-day

Jennifer Zamudio @ Innie Skuur | Bloemfontein | Free State | Suid-Afrika

Op die verhoog is Jennifer Zamudio ‘n onbeskryflike bondel energie en met haar natuurlike aanvoeling vir vermaak kry sy vinnig ‘n gehoor in die palm van haar hand.  Haar spontane “weskus-humor” en gemak laat menige konsertganger skater van plesier terwyl hulle maar net nie kan stil sit in een van[...]
30
31



Die Heuwels Fantasties Konsert



Die Heuwels Fantasties Konsert
@ Tuinteater, Taalmonument

Mar 31 all-day

Die Heuwels Fantasties Konsert @ Tuinteater, Taalmonument

‘n Piekniekkonsert met Suid-Afrika se gewilde pop-groep Die Heuwels Fantasties in die Tuinteater op die Taalmonument se grasperk. Bring jou eie piekniekmandjie of bestel by tel. 021 863 2800.



Refentse – My Hart bly in ’n Taal



Refentse – My Hart bly in ’n Taal
@ Centurion Teater

Mar 31 all-day

Refentse - My Hart bly in ’n Taal @ Centurion Teater | Centurion | Gauteng | Suid-Afrika

Die sanger Refentse, sê hy moet homself kort-kort knyp wanneer hy aan sy wegholsukses dink, maar hy wil bloot sy passie om musiek te maak uitleef. Refentse was byna onmiddellik ‘n gunsteling onder Afrikaanssprekendes nadat ‘n verbyganger hom met ‘n selfoon afgeneem het terwyl hy ‘n Afrikaanse liedjie gesing en[...]

 

Netwerk

    >

 

Kultuurtoer

As jou voete eers die geleentheid kry om in die wolke te hang, dan het die reisgogga jou gebyt. Daar is geen kans dat jy jouself sal kan keer om weer en weer te wil reis nie.

Die doel van die toer is om skoliere en studente bloot te stel aan die Afrikaanse wortels in die Lae Lande en die Westerse geskiedenis.

Teikenmark

Hierdie toer is spesifiek vir Graad 10-12 leerders en studente wat ’n liefde het vir die Afrikaner se geskiedenis. So is dit ook ’n ideale geleentheid om dieper te delf in die trotse geskiedenis van waarvandaan die Afrikaner kom.

Waarheen gaan ons?

Die Oorsprong van Afrikaans Internasionale Toer is ’n bekostigbare 12-dag-toer wat deur die FAK en Travel & Sport ontwikkel is vir skoliere en studente. Tien stede word besoek in Nederland, België, Switserland en Frankryk.

Die studente besoek onder andere museums, universiteite, die Jan van Riebeeck- en Anne Frank-huis, die kaas-, porselein- en sjokoladefabrieke, Beethoven se geboortehuis, die Suid-Afrikaanse Nasionale Gedenkteken, plekke van die Franse Rewolusie, Eiffeltoring en vele meer.

Die groep word vergesel van ’n professionele gids, etes word ingesluit en leerders reis in luukse toerbusse. Vir elke 10 leerders wat die toer meemaak, kan een onderwyser gratis gaan.

1-12 Oktober 2016

Beraamde koste is R25 599 per persoon.
Onderhewig aan verandering.

 

Prestige

FAK Prestige-toekenning vir uitnemende leierskap

Hierdie toekenning word toegeken aan Afrikaners wat uitnemende leierskap getoon het op enige lewensterrein deur ’n lewe van diensbaarheid of ’n eenmalige prestasie. Die toekenning word oorhandig tydens die FAK se jaarlikse Prestige-aand of tydens ’n spesiale geleentheid.

NP van Wyk Louw Toekenning vir die bevordering van Afrikaanse taal en kultuur

Hierdie toekenning word toegeken aan persone wat in die tradisie van NP van Wyk Louw ’n wesenlike bydrae lewer om die Afrikaanse taal, kultuur of geskiedenis te bevorder.

Die toekenning word jaarliks by die NP van Wyk Louw-kultuuraand in Junie en/of die FAK-Prestige-aand in Oktober oorhandig.

HB en MJ Thom Prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaanse onderwys en opleiding

Die prestige-toekenning gee erkenning aan die FAK se langsdienende voorsitter en voormalige rektor van Stellenbosch Universiteit, professor HB Thom en sy eggenote MJ Thom. Hierdie toekenning word toegeken aan persone wat ’n wesenlike bydrae gelewer het om Afrikaanse onderwys en/of Afrikaans in die hoër onderwys te bevorder. Die toekenning word oorhandig tydens die FAK se jaarlikse Prestige-aand of tydens ’n spesiale geleentheid.

FAK Prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaans in die media

Hierdie toekenning word toegeken aan persone wat Afrikaans deur middel van die media bevorder. Onder Afrikaanse media word verstaan die uitgewersbedryf, koerante, televisie, digitaal, film en/of radio. Die toekenning word tydens die FAK se jaarlikse Prestige-aand of tydens ’n spesiale geleentheid oorhandig.

FAK Prestige-toekenning vir uitnemende kultuurprestasie

Hierdie toekenning word toegeken aan persone of instellings wat uitnemend presteer het en ’n daadwerklike bydrae gelewer het tot die bevordering van die Afrikaanse taal, kultuur of geskiedenis op gemeenskapsvlak. Die toekenning word deurlopend toegeken, verkieslik in die gemeenskap waar die dienswerk gelewer word.

PROSES

  1. Enige Afrikaanse persoon wat voldoen aan die kriteria kan met ’n deeglike aanbeveling genomineer word vanaf Januarie tot Junie.
  2. Die nominasies geskied per e-pos en word vertroulik gerig aan die Besturende direkteur en kan gestuur word aan danielangner@fak.org.za
  3. Die FAK-direksie keur die toekennings goed en hulle besluit is finaal.
  4. Die toekennings word jaarliks op die FAK-prestige-aand toegeken, tensy anders aangedui.

Kliek op die skakel om te sien wie het al toekennings ontvang.

Geskiedkundige Toekennings

FAK Toekennings

FAK Afrikaanse Geskiedenis

 

af

FAK-Afrikaanse-Geskiedenis

Het jy ’n skooltaak of is jy net opgewonde oor waar die Afrikaner vandaan kom. Hier kan jy meer lees oor die Afrikanergeskiedenis en sommer vir al jou vriende vertel wie was die Pioniers. Kliek hier.

 

geskiedenisreeks

FAK geskiedenirsreeksBestel ons nuutste publikasies of deursoek ons geskiedenisreeks hier.

 

 

gd

Wat het vandag in die Afrikanergeskiedenis gebeur? Kliek hier om uit te vind!

 

Org_ges
Talle organisasies het ’n verskil gemaak in die Afrikaner se geskiedenis en dra vandag nog by tot die toekoms van die Afrikaanse taal en kultuur. Lees meer

 

KA

Klank_argief-fak

Het jy al ooit gewonder hoe het die radio geklink in die 1900’s? Luister hier van die oorlog in Korea of na die laaste parlementsitting van die Unie van Suid-Afrika. Kliek hier om aanlyn te luister.

 

Ges_pro

www.afrikanergeskiedenis.co.za

info-iconJy is al moedeloos gesoek oor inligting van Piet Retief of ’n foto van hom of dalk is jy nuuskierig oor die eerste radio-uitsendings. Nou kan jy al die inligting gratis lees en  in die gemak van jou uitskopstoel. Gebruik die inligting vir jou volgende skooltaak of vertel vir jou kleinkinders van hulle voorvaders. Klik hier

Geskiedeniswerkswinkels

FAK werkswinkelsOns verstaan dat onderwysers se programme oorlaai is en dat daar nie altyd nog tyd is om ‘n werkswinkel by te woon nie, maar die FAK bied werkswinkels aan wat stook met die kurrikulum vir die Afrikaanse en Geskiedenisklaskamer. Tydens die werkswinkels ontvang jy gratis hulpmiddels soos plakkate, publikasies ens. Dus spaar ons jou tyd sodat jy rustig kan sit en ontspan. Hou ons bladsy dop vir ‘n werkswinkel in jou omgewing of maak met ons kontak om so ‘n werkswinkel aan te bied.

Die volgende werkswinkels word in jou omgewing aangebied:

Volksgeneeskundekonferensie
Augustus 2016, Pretoria
’n Afrikanerbeeldjie in elke huis

Ondersteun die FAK Geskiedenisfonds hier 

Die FAK het pas ’n projek vrygestel met die naam “’n Beeldjie in elke huis”. Tydens hierdie projek vervaardig ons replika standbeeldjies van bestaande standbeelde.

In die lig van ons monumente, simbole en standbeelde wat afgebreek en gevandaliseer word, wil die FAK aan Afrikaners die geleentheid bied om ons helde sommer in ons huise te vereer. Ons kan nie met sekerheid sê vir hoe lank daar nog enigsins Afrikaner-monumente gaan oor wees nie. Niemand kan ons egter keer om replika-standbeeldjies te versamel nie.

Geskiedenis Olimpiade

Hier is ’n lekker kompetisie wat jy moet dophou vir 2017! Wees op die uitkyk vir meer besonderhede.

Die Oom en Tannie Plakkaatreeks

FAK plakkaatreeksJou mure verdien ’n bietjie kleur. Die FAK ontwikkel moderne plakkate vir die klaskamer, van  Afrikanergeskiedenis tot kleurvol in Afrikaans. By geskiedenis is daar plakkate oor belangrike gebeurtenisse soos die Groot Trek en die Anglo-Boereoorlog; belangrike persone soos Koos de la Rey en Emily Hobhouse. Vir die Afrikaanse klas is daar onder andere plakkate van bekende gedigte en digters. Hierdie plakkate is gratis beskikbaar vir onderwysers en vriende van die FAK. Indien jy belangstel is jy welkom om ons te kontak by fak@fak.org.za of kliek hier vir bestellings.

Geskiedenis-wisseltrofee

FAK wisseltrofeeDaar is maar altyd daardie een uitblinker. Hy ken sy geskiedenisfeite op die punte van sy vingers en sy grootste kompetisie is sy niggie wat elke aand twee boeke lees. Die FAK bied gratis wisseltrofees en boekpryse vir Afrikaans en Geskiedenis aan skole wat aansoek doen. Indien jy belangstel, is jy welkom om ons te kontak by fak@fak.org.za.