Navorsing
Aangesien die sentrum sterk gefokus is op die skep van nuwe idees, is dit nodig geag om die volgende prioriteitsareas en lewensbeskoulike aspekte uit te lig:
- Die Protestantse tradisie van gemeenskap
- Alternatiewe staatkundige modelle
- Taal en kultuur
- Afrikaner-geskiedenis
- Onderwys en opleiding
Vanuit hierdie prioriteite vloei daar interne navorsing vanuit die sentrum terwyl kundiges hule bydraes op hierdie gebiede sal lewer op die ‘Standpunte’-afdeling wat eersdaags op Maroela Media sal verskyn. Die interne navorsing verskyn in die vorm van kort ontledende studiestukke oor relevante politieke, ekonomiese en sosiale kwessies, asook deur in-diepte navorsing oor gemeenskaps- en minderheidskwessies in die wêreld. Dit poog om idees te genereer ten einde oplossings vir die Afrikaanse gemeenskap te vind.
Die Sentrum het ook ‘n toegewyde advieskomitee-span, bestaande uit:
- Prof. Danie Goosen, professor in godsdienswetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika.
- Prof. Koos Malan, professor in publiekreg aan die Universiteit van Pretoria.
- Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit.
- Prof. Deon Geldenhuys, hoogleraar in politieke wetenskap aan die Universiteit van Johannesburg.
- Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK.















Volg ons