Nou beskikbaar

‘n Stukkie van die legkaart

Die eerste 10 persone wat die onderstaande vorm voltooi ontvang ‘n gratis getekende kopie van ‘n Stukkie van die legkaart.

Dr. Rina Venter, skrywer van ‘n Stukkie van die legkaart is besig om 10 eksemplare te teken.

Dr. Rina Venter is die eerste en laaste vrou wat voor 1994 in ʼn Suid-Afrikaanse kabinet gedien het. As Minister van Gesondheid en Welsynsdienste onder mnr. F.W. de Klerk bevind sy haar in die politieke en maatskaplike binnekring tydens die oorgang van apartheid na demokrasie. Vyf en twintig en meer jare later is hierdie boek egter nie ’n gewone “skinder-en-vertel-verhaal” oor wat agter die skerms plaasgevind het nie. Dit handel in werklikheid oor die Afrikaner se opkoms en “ondergang” tussen 1938 en 1994. Dr. Venter skryf oor kinderjare waarin die spanning tussen “Nat” en “Sap” in eie familie ervaar word; oor haar lewe as jong maatskaplike werker wat eerstehands die meedoenlose uitwerking van die skadukant van apartheid op gewone gesinne beleef; en as opgeleide sosioloog beskryf sy met gesag die Afrikaner-establishment en die “nodes van mag” wat die samelewing na hul beeld probeer vorm.

‘n Stukkie van die legkaart is op 6 Maart 2019 tydens die US Woordfees in Stellenbosch bekendgestel en sal voortaan slegs by die FAK beskikbaar wees. Bestel vandag nog jou kopie teen R450,00 (koerierkoste ingesluit) deur die onderstaande vorm te voltooi of sluit aan as ‘n FAK-Vriend en ontvang die boek sowel as die koeriergeld gratis.

Daar is slegs ’n beperkte hoeveelheid eksemplare van ’n Stukkie van die legkaart gedruk. Voltooi die onderstaande vorm en staan ‘n kans om een van 10 gelukkige wenners te wees wat ‘n getekende kopie van die boek kan ontvang.

Voltooi die onderstaande vorm.

Onthou dat die eerste 10 persone wat die onderstaande vorm voltooi ‘n gratis kopie van ‘n Stukkie van die legkaart sal ontvang.

error: Content is protected !!