Die FAK se nuwe projekbestuurder

Die FAK het ‘n projekbestuurder aangestel wat in beheer is om die nuwe FAK Sangbundel in 2012 op die rakke te laat verskyn. Lindie van Zyl (22) het in 2010 ’n graad in BA Kommunikasiestudies aan die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom voltooi. Sy verwerf  daarna ’n honneursgraad in Korporatiewe Media   (Cum Laude) in 2011.  Lindie ontvang in 2011 onder andere ‘n gesogte PUK-navorsingstoekenning en word aangewys as een van die PUK se beste Korporatiewe Media-studente. Sy was vir vier jaar ‘n trotse en aktiewe inwoner van Vergeet-My-Nie Dameskoshuis waar sy op verskeie koshuis-komitees gedien het.  In 2010 dien Lindie op die Uitvoerende Komitee van die Universiteit in die portefeulje Media en Kommunikasie.  Die FAK is baie opgewonde oor Lindie se aanstelling en glo dat sy die nodige balans tussen ondervinding, opleiding, vaardighede en jeug bied om van die FAK Sangbundelprojek ’n reusesukses te maak.

Lindie se kontakbesonderhede is:

Epos – lindievanzyl@fak.org.za

Tel – 012 326 8646 (w), 0844210000 (s)

Lindie is op Facebook en Twitter