FAK Prestige-aand 2011

FAK Prestige-aand 2011

Die jaarlikse FAK Prestige-aand is op 28 Oktober 2011 in die Centurion Teater gehou. Die geleentheid het opnuut bevestig dat daar steeds vele talentvolle Afrikaners is wat in ons land op vele terreine doenig is –voorwaar stof tot nadenke en dankbaarheid. Die gasspreker was Louis van der Watt, uitvoerende hoof van die Atterbury Groep. Pryswenners was soos volg:

FAK Erepenning vir Volksdiens – prof. Herman Giliomee

FAK Prestigetoekenning – Johan van Rensburg

FAK Toekenning vir Besondere Kultuurdiens – dr. Dioné Prinsloo

FAK Toekenning vir Besondere Kultuurprestasie – dr. Hans Fransen

FAK HB en MJ Thom Joernalistiekprys – Egmont Sippel

HB en MJ Thom Onderwyspryse – Sussa Ehlers en Yolandé Heymans

HB en MJ Thom Navorsingstoekenning – Morné Diederichs en Annemieke Pouwels

FAK Gawie Cilliers Junior-musiekbeurs – Bea Strydom, Laerskool Lucas Meyer, Vryheid

FAK Gawie Cilliers Hoërskool-musiekbeurs – Carli D’Alebout, Potchefstroom Gimnasium

FAK Senior musiekbeurs – Cara Kleynhans, Universiteit van Pretoria