Onderwysbeurs
Die jaarlikse HB & MJ Thom-toekennings word bekostig uit die opbrengs van die HB Thom-trust, wat bestaan uit die erflating van professor HB (Quintie) Thom en sy eggenote, mev Maria Thom.
Prof Thom (1908 – 1983) was vir 24 jaar dosent in geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. Daarna het hy vanaf 1955 tot 1969 die pos van rektor beklee. Hy was ook president van die konvokasie en die laaste jaar voor sy dood kanselier van die Universiteit.
Benewens sy invloedryke werk as akademikus en universiteits-administrateur het prof Thom as lid en voorsitter van talle openbare liggame ´n leiersrol gespeel, en veral bygedra tot die ontwikkeling van hoër onderwys in Suid-Afrika.













Volg ons