Oor ons – Stichting voor Afrikaans

Doelstellings

Die Stichting voor Afrikaans in 2012 deel van die FAK geword. Díe Stichting, wat die Solidariteit Beweging se internasionale been is, het dit ten doel om die verhouding met die Lae Lande te versterk en om Afrikaanse kultuur- en taalbelange te bevorder.

Samewerking

Aan die een kant doen die Stichting dit deur in Suid-Afrika saam te werk met organisasies waarvan doelstellings aansluit by die Stichting s’n, soos die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Sasnev), die Marnixring en die Orde van den Prince. Heelwat Suid-Afrikaanse organisasies het op die een of ander manier bande met die Lae Lande. Samewerking en uitruiling van kennis kan vir daardie organisasies groot toegevoegde waarde beteken, met behoud van die afsonderlike organisasies se eie identiteite.

Naas samewerking en die uitbouing van vriendskaplike verhoudings met Suid-Afrikaanse organisasies, word daar ook goeie kontakte gesmee met Nederlandse en Vlaamse organisasies.

Nuusbrief

In die Stichting voor Afrikaans se visie speel die toeganklikheid van kennis ’n wesenlike rol by die uitbouing van die verhouding met die Lae Lande. Om dit te akkommodeer is die uitgawe van ’n maandelikse Nederlandstalige nuusbrief een van die Stichting se speerpunte. Ons nuusbriewe bevat hoëvlak-artikels oor onderwerpe wat betrekking het op Afrikaans, of op kwessies wat die Afrikaanse gemeenskap raak. Om aan te sluit by die elektroniese nuusbrief, klik hier

JongerenProject

Naas die nuusbrief lê die hooffokus by die JongerenProject (JP). Hierdie jare lange uitruilprogram tussen die Lae Lande en Suid-Afrika en Namibië word van vanjaar af georganiseer met die Stichting voor Afrikaans se ondersteuning. Die een jaar is ’n groep van 15 Afrikaanse studente die NZAV en die Vlaams Zuid-Afrikaanse Cultuurstichting se gaste in die Lae Lande en die ander jaar ontvang ons ’n groep van Nederlandse en Vlaamse studente.

Die studente word op ’n maand lange in-dieptetoer deur die land geneem. Die verblyf by gasouers, die skakeling met Suid-Afrikaanse studente en die besoeke aan organisasies en instellings soos die parlement, skole en die Solidariteitbeweging voeg  groot waarde toe tot die toer. Die deelnemende studente leer oor ’n relatief kort tydperk Suid-Afrika redelik goed ken.

Medewerkers

Natasja le Roux is die Stichting se internasionale skakelbeampte. Kontak haar gerus indien u enige vrae het met betrekking tot die Stichting of die Lae Lande: E-pos: nleroux@fak.org.za

Tel.: +27(0)12 301 1761

 

Skakel na ons mobiele werf