FAK-Publikasies

Toekoms in eie taal
Mei 10, 2017
Afrikaners in die branding
Junie 13, 2017

Afrikanerjoernaal. ’n Vervolgverhaal in 365 episodes

R290.00

Category:
Beskrywing

Titel: Afrikanerjoernaal. ’n Vervolgverhaal in 365 episodes
Outeurs: Jaap Steyn
Prys: R290
Verskyningsdatum: November 2016
ISBN:  978-0-620-71775-5
Formaat: 240 x 165 mm
Aantal bladsye: 416

Afrikanerjoernaal neem sy leser op ’n reis wat elke uithoek van die Afrikanergeskiedenis se landskap besoek – ’n jaar lange verkenningstog wat die volle spektrum van die Afrikaner se historiese geheue in herinnering roep.

Lesers kry die geleentheid om by prominente figure en groot geeste kers op te steek, verwonderd te staan oor die minder bekende detail wat oor groot en kleiner gebeurtenisse weergegee word en ’n paar dinge wys te word uit die insig wat die outeur bied.

Daar is ’n eerste keer vir alles. Afrikanerjoernaal noem ’n paar van daardie eerstes in Suid-Afrika, soos die eerste skool wat in 1663 aan die Kaap geopen is, die eerste literêre werk wat op tuisbodem geskryf en gepubliseer is, die eeste koerant wat die lig gesien het en die eerste rugbywedstryd, wat in 1862 gespeel is. Die outeur delf ook dieper in die historiese gegewens om die eerste kapitalis uit te wys en die eerste demokratiese opvattings in die land te bespreek.

Vir meer inligting skakel

Chrisna Nel
Publikasieredakteur
Tel: (012) 301 1777
E-pos: chrisna@fak.org.za

Uitgereik namens:

Danie Langner
Besturende Direkteur: FAK

Reviews (0)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Afrikanerjoernaal. ’n Vervolgverhaal in 365 episodes”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!