FAK-Publikasies

Oor die Republikeinse gedagte, ’n oefening in herinnering
Mei 10, 2017
Erwe vir ons Kinders: Ons Volksleiers 1: President Paul Kruger
Mei 10, 2017

Paul Kruger: ’n biografie – DW Krüger

R350.00

Category:
Beskrywing

Verkoopprys: R350

Paul Kruger is waarskynlik die grootste en invloedrykste Afrikaner wat ooit geleef het. In hierdie klassieke biografie wat die resultaat is van ongeveer twintig jaar se navorsing, hier en oorsee, skilder DW Krüger ’n prentjie van Paul Kruger as onverskrokke jong Voortrekker, jagter, boer, vader, kommandant-generaal, stryder vir sy volk en uiteindelike president.

In die 1880’s behaal Kruger een diplomatieke deurbraak ná die ander en verseker so dat die Transvaal meer onafhanklik as ooit raak. Hy en sy volk word geag deur die grootmoondhede van Europa en bou ook ’n enorme gevolg in die Engelse gebiede van Suid-Afrika op, in die Kaapkolonie en selfs in Natal.

Die opbloei van die Zuid-Afrikaansche Republiek onder Kruger was merkwaardig en hy is allerweë vir sy wysheid, verdraagsaamheid en insig geloof. Maar as die onweerswolke van ’n tweede oorlog teen Brittanje saampak, word Kruger voor die onverbiddelike keuse gestel of hy wil veg of roemloos oorgee.

Benewens die magdom interessante feite wat in die boek ter sprake kom, bevat dit insgelyks vele lesse vir die hedendaagse politiek en die situasie waarin die Afrikaner hom tans bevind.

Posgeld: R50-00

Reviews (0)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Paul Kruger: ’n biografie – DW Krüger”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!