FAK-Publikasies

Afrikaners in die branding
Junie 13, 2017

Taalpioniers

R150.00

Category:
Beskrywing

Outeurs: Danie Langner en Dawie du Plessis
Prys: R150
Verskyningsdatum: Oktober 2015
ISBN:  978-0-620-68250-3
Formaat: 290 x 210 mm
Aantal bladsye:  96

Die skrywers van Taalpioniers bied een belangrike aspek van die Afrikaanse taalgeskiedenis op interessante en oorspronklike wyse aan, naamlik die mense en instansies wat baanbrekerswerk op verskillende terrein van die taal verrig het.

Taalpioniers is nie swaarwigtig nie en die lesers kry ’n kort begrip van die ontwikkeling van Afrikaans en diegene wat vir die ontwikkeling verantwoordelik was. Die stof word onderhoudend en in ’n maklik leesbare styl aangebied.

Die skrywers gee aandag aan werksaamhede wat nog nie geboekstaaf is nie, soos die verafrikaansing van Microsoft Office, stem-na-teks-omskakeling (spraakherkenning), die ontwikkeling van Afrikaanse Google Voice-soektogte, teks-na-stem-omskakeling, ’n elektroniese uitspraakwoordeboek vir Afrikaans en die ontwikkeling van ’n Engels-na-Afrikaans-masjienvertaalsisteem (bekend as Autshumato) wat nog aan die gang is.

Daarnaas word hoofstukke gewy aan die pioniers in die ekonomie en handel, feeste, film en toneel, godsdiens, letterkunde en taalkunde, maatskaplike werk, musiek, onderwys en opleiding, die pers, regstaal, taalmonumente, die uitsaaiwese en Afrikaans as universiteitstaal.

Die slothoofstuk gee ’n toekomsperspektief wat deels gegrond is op die lotgevalle van Afrikaans in Namibië sedert 1990. Hoewel Suid-Afrika en Namibië soveel van mekaar verskil, is daar minstens een belangrike ooreenkoms. Dit is dat daar in albei lande Afrikaanssprekendes is wat self verantwoordelikheid vir die behoud van Afrikaans aanvaar.

Prof Jaap Steyn
Skrywer en taalhistorikus

Vir meer inligting skakel

Ziegfried van Huyssteen
Tel: (012) 301 1777
E-pos: zieg@fak.org.za

Uitgereik namens:

Danie Langner
Besturende Direkteur: FAK

Reviews (0)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Taalpioniers”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!