FAK-Publikasies

De Bijbel in het Afrikaans
Mei 10, 2017
Oor die Republikeinse gedagte, ’n oefening in herinnering
Mei 10, 2017

Trekkerkinders: Kom trek saam met dapper kinders van die Groot Trek, 1835‒1838

R80.00

Category:
Beskrywing

Danie Langner

Verkoopprys: R80

Hierdie boek fokus op die geskiedenis van die Groot Trek en spesifiek die noemenswaardige rol wat kinders tydens dié tyd gespeel het. Die boek bevat ’n handige opsomming oor die belangrikste gebeure van die Trek (tussen 1835 en 1838), kort profiele oor ’n paar van die mees prominente leiersfigure van dié geskiedkundige era sowel as 14 treffende heldeverhale van kinders (soos oorspronklik opgeteken deur onder meer CR Swart en JD Kestell). Die lewe van kinders in die tyd van die Trek word van naderby beskou en ou Voortrekker-speletjies, -gesegdes en selfs geliefde Voortrekker-disse word herontdek. Meer as ’n dosyn gedigte wat die wel en weë van die Groot Trek besing (uit die pen van meesters soos C Louis Leipoldt, Totius en AG Visser) is ook in die bundel ingesluit en bied ’n blik op die Trekkerslewe deur die oë van die mees prominente Afrikaanse digters.

Trekkerkinders skets ’n prentjie van die wêreld van die Groot Trek op ’n eenvoudige en verstaanbare wyse. Dit is die ideale gids vir ouers, onderwysers of ander volwassenes wat die geskiedenis van die Groot Trek aan die volgende geslag wil oordra. Deur verhale van opoffering, hartseer, moed en heldedade sal hedendaagse Afrikanerkinders kan verstaan wat hul voorouers, meer as 175 jaar gelede, deurgemaak het.

Posgeld: R30-00

Reviews (0)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Trekkerkinders: Kom trek saam met dapper kinders van die Groot Trek, 1835‒1838”

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!