UITNODIGING | Musiekwerkswinkel vir kleuterskoolonderwysers – 17 April 2021
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), bied ’n werkswinkel aan waar kleuterskoolonderwysers opgelei word om deur middel van musiek en ’n sensoriese tuin speel-speel saam met hul leerders fyn motoriese vaardighede en kennis te ontwikkel.
13 liedjies uit die FAK-Sangbundel II gaan gebruik word om aan kinders konsepte soos hoog/laag, vinnig/stadig, lang en kort note, emosies in musiek, herkenning van musiekinstrumente en herkenning van stemme bekend te stel.
Die doel van die werkswinkel is dat leerders op dié manier blootgestel word aan die Afrikaanse taal en kultuur en ’n trots ontwikkel wat ons almal in ons DNS as Afrikaanssprekendes ronddra.
Die lesbeplanning is uitgewerk om in drie fases aangebied te word: Bekendstelling; Vrye beweging en gekontroleerde beweging; en Luister en leer en soms slagorkes. Op hierdie manier leer ons die kinders om liedjies slim te sing.
Hiermee nooi ons jou na die Musiekwerkswinkel vir kleuterskoolonderwysers.
DATUM : 17 April 2021
TYD : 09:00
PLEK : Afrikaanse Liedjietuin (By die Voortrekkermonument)
KOSTE : R100.00
DRAG : Informeel
RSVP : 10 April 2021
Inskrywings is nou gesluit.